Nuusflits
Akademiese beurs: Logan Geldenhuys verwerf 'n akademiese beurs van St John's.
Jan Celliers
Die Laerskool Jan Celliers wat in 1935 as staatskool gestig is en toe as die Jan Celliersskool bekend was, is in Januarie 1993 geprivatiseer. Die skool ('n vereniging ingelyf kragtens artikel 21) word bedryf deur 'n Raad. Die verklaring van voorneme en doelstellings van die vereniging (die skool) is as volg:
Laerskool Jan Celliers, in sy strewe na uitmuntendheid as onderwysinstelling, stel hom ten doel om -
- onderrig van die hoogste gehalte aan sy leerlinge te bied.
- elke leerling as 'n individu te beskou en benader, om sodanig elkeen se talente tot uiting te bring.
- die geestelike waardes van elke leerling te ontwikkel, op grond van 'n verdraagsame Christelike geloof en waardestelsel, en om elke leerling 'n geleentheid te bied om sy verhouding tot God en sy medemens te verdiep en te verstaan.
- Elke leerling, met inagneming van sy fisiese vermoëns, liggaamlik te laat ontwikkel in gesonde span- en individuele sportbeoefening.
- Afrikaans as voertaal te gebruik.
- Denkende, afgeronde leerlinge daar te stel, wie se inbors en lewensbenadering hul aanpas om hul plek in 'n land van vele kulture en volke vol te staan.
- niemand op grond van sy ras of kleur toelating te weier nie.
Kommentaar van Hoërskool hoofde :
Helpmekaar :
Tops! Wyddenkend! Kreatief! Magic!
Roedean :
"The Jan Celliers girls are always welcome at Roedean. They are talented and interested pupils who achieve very well."
St.John's :
"Willem has had a superb 1st term and must be congratulated on earning a Headmaster's commendation for academic effort."
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
