Nuusflits

Akademiese beurs: Logan Geldenhuys verwerf 'n akademiese beurs van St John's.

 

 

Inskrywingsprosedure

Artikel Indeks
Inskrywingsprosedure
Toelating
Alle bladsye

 icon Aansoek vir toelating (119 kB)

BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR TOELATING

1. Van alle leerlinge sal verwag word om 'n plasingstoets af te lê soos deur die skool voorgeskryf.

Kleuters word by Pre-Primêr toegelaat indien hulle op 1 Januarie van die betrokke jaar reeds 3 jaar oud is.

Sou ‘n kleuter binne die eerste 6 maande van die betrokke jaar 3 jaar oud word, hang ‘n plasing af van die beskikbaarheid van plek. (Hierdie kleuters word volgens hul kronologiese ouderdom en nie volgens datum van aansoek geplaas nie, m.a.w. kleuters wat vroeër in die jaar 3 word, word eerste geplaas.)

2. Leerlinge wat meer as twee jaar ouer is as die gemiddelde ouderdom van die klas waarvoor aansoek gedoen word, sal nie toegelaat word nie.

3. Ondertekening van hierdie dokument veronderstel dat: 

  • 'n ouer/ ouers, voog/de bewus is van die Christelike aard van die skoollewe en instem dat die betrokke leerling Bybelklasse en saalbyeenkomste sal bywoon.
  • 'n ouer/ ouers, voog/de instem dat alle vakke (uitgesonderd Engels) deur die medium van Afrikaans onderrig sal word.

4. Leerlinge met fisieke of geestelike probleme kan geakkommodeer word indien dit geen addisionele of buitengewone fasiliteite of aandag noodsaak nie.

5. Van alle leerlinge wat nie 'n fisieke gebrek het nie, sal verwag word om van Gr.3 af aan ten minste een somer- en een wintersport by die skool deel te neem.

6. Ouers wat leerlinge in Departement Pre-Primêr inskryf en nie verhuis nie, onderneem  om hulle ook in Gr.1 na Jan Celliers te stuur.   Sulke ouers sal voorkeur kry by plasing.

7. Die registrasiegeld van R250 is betaalbaar wanneer aansoek gedoen word om toelating. Hierdie geld dek administratiewe uitgawes en is nie terugbetaalbaar nie.

8. 'n Deposito van R6 000 is betaalbaar wanneer die leerling se aansoek om toelating goedgekeur word en by ondertekening van die kontrak.
 ‘n Gedeelte van hierdie deposito sal terugbetaalbaar wees indien die leerling die skool verlaat binne die volgende periodes  :   
jaar 1 : 0%;  jaar 2 : 25%;    jaar 3 : 50%;      jaar 4: 75% en daarna die volle bedrag.

 

9. Wanneer 'n kind ingeskryf word, word elke ouer of voog verbind om hom/haar te onderwerp aan die besluite van die hoof rakende die skoolorganisasie en -dissipline.  Die verbintenis sluit in ‘n verpligting aan die kant van die ouers om niks te doen wat die skool, die leerproses, skooldissipline en die organisasie van die skool ontwrig nie.  Indien reëls verander word, onderneem ouers/voogde om ook hierdie nuwe reëls te eerbiedig en om te aanvaar dat sulke besluite finaal sal wees.

10. Alle klagtes of vertoë in verband met enige aangeleentheid rakende sodanige reëls, regulasies, doelstellings, voornemens, beleid of prosedures, of die toepassing daarvan, word aan die skoolhoof gerig.



Ons is uniek en spesifiek!
Adres:
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg
Posadres:   
Privaatsak X4, Parkview, 2122
Telefoon
011 646-3336 / 011 486-1042
Faks: 
011 646-4203
E-Pos: