Inskrywingsprosedure
| Artikel Indeks |
|---|
| Inskrywingsprosedure |
| Toelating |
| Alle bladsye |
Aansoek vir toelating (119 kB)
BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR TOELATING
1. Van alle leerlinge sal verwag word om 'n plasingstoets af te lê soos deur die skool voorgeskryf.
Kleuters word by Pre-Primêr toegelaat indien hulle op 1 Januarie van die betrokke jaar reeds 3 jaar oud is.
Sou ‘n kleuter binne die eerste 6 maande van die betrokke jaar 3 jaar oud word, hang ‘n plasing af van die beskikbaarheid van plek. (Hierdie kleuters word volgens hul kronologiese ouderdom en nie volgens datum van aansoek geplaas nie, m.a.w. kleuters wat vroeër in die jaar 3 word, word eerste geplaas.)
2. Leerlinge wat meer as twee jaar ouer is as die gemiddelde ouderdom van die klas waarvoor aansoek gedoen word, sal nie toegelaat word nie.
3. Ondertekening van hierdie dokument veronderstel dat:
- 'n ouer/ ouers, voog/de bewus is van die Christelike aard van die skoollewe en instem dat die betrokke leerling Bybelklasse en saalbyeenkomste sal bywoon.
- 'n ouer/ ouers, voog/de instem dat alle vakke (uitgesonderd Engels) deur die medium van Afrikaans onderrig sal word.
4. Leerlinge met fisieke of geestelike probleme kan geakkommodeer word indien dit geen addisionele of buitengewone fasiliteite of aandag noodsaak nie.
5. Van alle leerlinge wat nie 'n fisieke gebrek het nie, sal verwag word om van Gr.3 af aan ten minste een somer- en een wintersport by die skool deel te neem.
6. Ouers wat leerlinge in Departement Pre-Primêr inskryf en nie verhuis nie, onderneem om hulle ook in Gr.1 na Jan Celliers te stuur. Sulke ouers sal voorkeur kry by plasing.
7. Die registrasiegeld van R250 is betaalbaar wanneer aansoek gedoen word om toelating. Hierdie geld dek administratiewe uitgawes en is nie terugbetaalbaar nie.
8. 'n Deposito van R6 000 is betaalbaar wanneer die leerling se aansoek om toelating goedgekeur word en by ondertekening van die kontrak.
‘n Gedeelte van hierdie deposito sal terugbetaalbaar wees indien die leerling die skool verlaat binne die volgende periodes :
jaar 1 : 0%; jaar 2 : 25%; jaar 3 : 50%; jaar 4: 75% en daarna die volle bedrag.
9. Wanneer 'n kind ingeskryf word, word elke ouer of voog verbind om hom/haar te onderwerp aan die besluite van die hoof rakende die skoolorganisasie en -dissipline. Die verbintenis sluit in ‘n verpligting aan die kant van die ouers om niks te doen wat die skool, die leerproses, skooldissipline en die organisasie van die skool ontwrig nie. Indien reëls verander word, onderneem ouers/voogde om ook hierdie nuwe reëls te eerbiedig en om te aanvaar dat sulke besluite finaal sal wees.
10. Alle klagtes of vertoë in verband met enige aangeleentheid rakende sodanige reëls, regulasies, doelstellings, voornemens, beleid of prosedures, of die toepassing daarvan, word aan die skoolhoof gerig.
11. Van leerlinge word verwag om alle amptelike skooldae by te woon, insluitende spesiale dae en aande wat deur die skool as verpligtend beskou word. Verlof om afwesigheid sal slegs in die mees buitengewone omstandighede deur die skoolhoof toegestaan word.
12. Indien 'n leerling as gevolg van siekte of enige ander rede afwesig is vir 'n gedeelte van 'n termyn of langer, is die ouer nogtans verplig om gelde vir die termyn te betaal en is ook nie geregtig op 'n terugbetaling van enige gelde nie.
13. Gelde word vooruit betaal voor of op die eerste dag van elke maand (Januarie tot Oktober). Hierdie rekeninge sluit in gelde soos deur die Raad bepaal en aangepas. Boekgelde en enige ander onkoste aangegaan soos deur die skoolhoof nodig geag mag word vir die opvoeding van leerlinge word daarby ingesluit. Onkostes waaroor die ouers kan besluit soos, byvoorbeeld, ‘n langer toer of indiwiduele afrigting, sal ekstra wees.
14. Rente sal gehef word op enige agterstallige bedrae, maandeliks saamgestel teen sodanige koers as wat deur die Raad bepaal mag word, maar wat nie meer sal wees as die wetlik toegelate koers nie.
15. Indien 'n ouer/voog weier of versuim om gelde te betaal, sal die skool se prokureurs gevra word om sodanige gelde te in en ouers sal ook verantwoordelik wees vir alle regskoste aangegaan, op prokureur- en kliënteskaal.
16. Indien 'n ouer of voog die bywoning van 'n leerling wil staak, moet hy/sy/hulle een termyn skriftelik en vooruit kennis van sodanige voorneme aan die skool gee. By die versuim van sodanige kennisgewing, word die ouer/voog verbind om die volle skoolgelde vir die daaropvolgende skooltermyn te betaal.
17. Die skool mag enige leerling versoek om sy/haar voortgesette bywoning van die skool te staak,
- met onmiddellike werking indien die leerling hom/haar skuldig maak aan enige gedrag wat na mening van die skoolhoof onversoenbaar is met die beleid en gedragskode van die skool,
- met een termyn se skriftelike kennisgewing, of
- aan die einde van enige akademiese jaar, of
- indien die leerling se skoolgelde nie stip betaal word nie, maar na 14 dae se kennisgewing aan die ouer/voog en
- indien die leerling 'n tweede jaar van sy/haar skoolloopbaan druip.
18. Skoolgelde kan in die loop van enige jaar, na gelang van omstandighede verhoog word.
19. ‘n Kind/ers wat aan enige siekte- of geestestoestand ly, wat na mening van die skoolhoof of die Raad ander leerlinge mag benadeel of beïnvloed, kan gevra word om die skool te verlaat, hetsy permanent of tydelik.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
