Inskrywingsprosedure - Toelating

Artikel Indeks
Inskrywingsprosedure
Toelating
Alle bladsye

  

11. Van leerlinge word verwag om alle amptelike skooldae by te woon, insluitende spesiale dae en aande wat deur die skool as verpligtend beskou word.  Verlof om afwesigheid sal slegs in die mees buitengewone omstandighede deur die skoolhoof toegestaan word.

12. Indien 'n leerling as gevolg van siekte of enige ander rede afwesig is vir 'n gedeelte van 'n termyn of langer, is die ouer nogtans verplig om gelde vir die termyn te betaal en is ook nie geregtig op 'n terugbetaling van enige gelde nie.

13. Gelde word vooruit betaal voor of op die eerste dag van elke maand (Januarie tot Oktober). Hierdie rekeninge sluit in gelde soos deur die Raad bepaal en aangepas. Boekgelde en enige ander onkoste aangegaan soos deur die skoolhoof nodig geag mag word vir die opvoeding van leerlinge word daarby ingesluit.  Onkostes waaroor die ouers kan besluit soos, byvoorbeeld, ‘n langer toer of indiwiduele afrigting, sal ekstra wees.

14. Rente sal gehef word op enige agterstallige bedrae, maandeliks saamgestel teen sodanige koers as wat deur die Raad bepaal mag word, maar wat nie meer sal wees as die wetlik toegelate koers nie.

15. Indien 'n ouer/voog weier of versuim om gelde te betaal, sal die skool se prokureurs gevra word om sodanige gelde te in en ouers sal ook verantwoordelik wees vir alle regskoste aangegaan, op prokureur- en kliënteskaal.

16.  Indien 'n ouer of voog die bywoning van 'n leerling wil staak, moet hy/sy/hulle een termyn skriftelik en vooruit kennis van sodanige voorneme aan die skool gee.  By die versuim van sodanige kennisgewing, word die ouer/voog verbind om die volle skoolgelde vir die daaropvolgende skooltermyn te betaal. 

17. Die skool mag enige leerling versoek om sy/haar voortgesette bywoning van die skool te staak,
-  met onmiddellike werking indien die leerling hom/haar skuldig maak aan enige gedrag wat na mening van die skoolhoof onversoenbaar is met die beleid en gedragskode van die skool,
-  met een termyn se skriftelike kennisgewing, of
-  aan die einde van enige akademiese jaar, of
-  indien die leerling se skoolgelde nie stip betaal word nie, maar na 14 dae se kennisgewing aan die ouer/voog en
- indien die leerling 'n tweede jaar van sy/haar skoolloopbaan druip.

18. Skoolgelde kan in die loop van enige jaar, na gelang van omstandighede verhoog word.

19. ‘n Kind/ers wat aan enige siekte- of geestestoestand ly, wat na mening van die skoolhoof of die Raad ander leerlinge mag benadeel of beïnvloed, kan gevra word om die skool te verlaat, hetsy permanent of tydelik.

 

 



Ons is uniek en spesifiek!
Adres:
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg
Posadres:   
Privaatsak X4, Parkview, 2122
Telefoon
011 646-3336 / 011 486-1042
Faks: 
011 646-4203
E-Pos: