Nuusflits
Akademiese beurs: Logan Geldenhuys verwerf 'n akademiese beurs van St John's.
Kindergastehuis

Kindergastehuis
Die kindergastehuis maak voorsiening vir kinders wie se ouers uitstedig is. Leerlinge wat op ‘n permanente basis wil inwoon is ook welkom. Die studiesentrum is ‘n nasorgfasiliteit by die gastehuis wat deur opgeleide personeel beman word.
Missie:
- Om aan elke kind ‘n veilige tuiste te bied
- Hulp aan elke kind om sy lewensvaardighede te ontwikkel
- Toesig en hulp met studietye en ondersteuning in alle vakke
- Om kinders se talente te help ontdek en hul te lei tot kreatiewe denke
Die studiesentrum word deur vyf opgeleide persone beman. Elke skooldag van die week kan leerlinge rustig onder toesig by ons kom studeer. Middagete word verskaf. Hulp in alle vakke word verleen. Leerlinge se huiswerk word streng volgens hul huiswerkroosters gekontroleer. Leerlinge word individueel binne groepverband begelei.
Tariewe: | |
Au-pair verblyf (tot 21:00) | R60 per uur |
Etes | R40 per ete |
Oorslaap met geen etes | R120 |
Skoolkospakkie | R20 |
Studiesentrum (Voltyds) | R800 pm |
Studiesentrum (Daagliks) | R85 per dag |
Laat afhaal na 18:00 | R60 per uur of gedeelte daarvan |
Kontakbesonderhede | |
Mev Ansu Jones | 011 486 4520 / 083 703 2949 |
Ons Gastehuis is kindvriendelik en elke kind het die geleentheid om hier voluit te leef!
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
