Nuusflits
Akademiese beurs: Logan Geldenhuys verwerf 'n akademiese beurs van St John's.
Kultuur
By Jan Celliers is ons kinders se kulturele ontwikkeling van kardinale belang. Dit is ons erns om ons geestelike erfenis aan ons kinders oor te dra op só ‘n manier dat dit vir hulle ‘n lewenslange vreugde sal wees.
Ons musiekonderwysers is uit die boonste rakke en het reeds vir hulself naam gemaak in die simfonie-orkes asook in ensembles wat gereeld in Gauteng optree. Hulle is entoesiasties en ervare. Gaskunstenaars tree gereeld by ons op en op dié manier word ons kinders blootgestel aan die heel beste musiek.
Gevolglik bied ons musiekpersoneel ‘n wye verskeidenheid musiekprogramme aan, onderrig in: klavier, viool, tjello, dwarsfluit, kitaar, saksofoon, klarinet, blokfluit asook in ensemble-spel.
Musiekwaardering is deel van ons leerplan en ons kinders geniet dit om op te tree tydens interne musiekkonserte, asook eksterne eisteddfods. Vasvrae oor musiek, kuns en letterkunde is net soveel deel van ons jaarprogram soos atletiekbyeenkomste en net soveel pret!
Kunsonderrig vind al jarelank onder die bekwame leiding van entoesiastiese onderwysers plaas. Ons skool hang vol geraamde kunswerke van ons leerlinge. Jaarliks vertoon ons hulle werk op ons kunsuitstalling en ons besoek uitstallings in die stad om ons kinders te laat deel in die beste werke van gevierde kunstenaars.
In ons taalklasse word ons kinders blootgestel aan die heel beste boeke wat vir kinders bestaan, beide in Afrikaans en Engels. Ons moedig ons leerlinge aan om te lees deur leeskompetisies te reël. Ons storie-aande is uiters gewild en dis bloot weens beperkte ruimte dat ons naburige skole nie ook in die prettige aande kan deel nie.
Algemende kennis word bevorder met vasvra-aande - die kinders wedywer om gekies te word om hieraan deel te neem! Ook ons ouers is geesdriftige deelnemers!
Ballet en moderne dans word onderrig en ons sien met groot afwagting uit na aanbiedings van ons leerlinge se dansitems. Tydens ons gereelde skoolkonserte is hierdie kinders dan ook die sterre van die dansnommers.
Ook ons natuurreservate en plekke van historiese belang word jaarliks besoek om ons kinders só aan hulle landserfenis bloot te stel.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
