Nuusflits
Gimnastiek: Mia Vorster behaal tydens twee agtereenvolgende kompetisies ‘n goue medalje, en word ook as algehele wenner in haar ouderdomsgroep aangewys - die Tukkies kampioenskappe en 'n kompetisie van die Johannesburg Gymnastics Klub.Kultuurprestasies
Musiek
Wilmien Janse van Rensburg het die afgelope week aan die SANLAM Nasionale musiekkompetisie in Kaapstad deelgeneem teen die beste musici uit skole in Suid Afrika. Sy het tot by die semi-finaal gevorder wat 'n uitstaande prestasie is.
Althea Janse van Rensburg en Daniëlle van der Watt het ook aan dieselfde kompetisie deelgeneem en tot by die 2e rondte gevorder.
Musiek
Mieke Nauta is gedurende die vakansie aangewys as die wenner in die O/8 afdeling van die Kunstetrust Nasionale Klavierkompetisie in Bloemfontein. Kara Ranwell slaag haar UNISA klaviereksamen met lof.
Toneel
Logan Geldenhuys kry na verskeie oudisies en streng keuring, die rol van Wobbly Man in die die toneelstuk "Noddy" by die People's Theatre.
Drama
Sylvette Jacobs behaal 90% vir haar drama eksamen by Liplab Studios.
NEA Gala aand
Wilmien Janse van Rensburg is die naweek tydens die finale rondte van die NEA Academy Awards aangewys as die wenner van die Junior Klassieke afdeling.
Musiek
Wilmien Janse van Rensburg is vir die 2de agtereenvolgende jaar gekies as lid van die Simfonia Juventi (Nasionale Jeugorkes) waar sy die leier van die 2e viole is.NEA Eisteddfod: Wilmien Janse van Rensburg het na optredes (waarvoor sy ‘n gemiddeld van 98% behaal het) deurgedring na die kwarteindronde en is nou uitgenooi na die semi-finale rondte van die kompetisie wat eerskomende Donderdag plaasvind.
Thomas Lillie slaag sy UNISA graad 1 tjello eksamen met lof.
Karien Scribante slaag haar UNISA musiekteorie graad 3 eksamen met lof.
Christine Vos (Musiekteorie) en Johandri Snyman (Musiekteorie en -prakties) se name is op die Ererol van UNISA geplaas na aanleiding van hul uitstekende uitslae tydens die 2008 musiekeksamens.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
