DRAMA

By JAN CELLIERS is Spraak en Drama groot pret. Hier poog ons om elke deelnemer se selfvertroue, uitdrukkingsvermoë en taalvaardigheid te verbeter. Ons moedig almal aan om aan Engelse- of Afrikaanse Spraak en Drama deel te neem. Deelname aan eksamens, drama-aande, kunswedstryde en die skoolkonsert sorg vir groot opwinding en pret.

AFRIKAANSE DRAMA & KONSERT

Oudisies word aan die begin van die jaar gehou vir ons dramaleerlinge waar ongeveer 25 senior en 20 junior leerlinge gekies word. Leerlinge presteer uitstekend in spreekkore, groeps- en individuele items tydens die Sentraal Gauteng Kunswedstryd en die NEA.

 

Ons spog ook met ons jaarlikse konsertproduksie, dit wissel tussen die junior- en seniordepartment wat om die beurt jaarliks hul produksies aanbied. Elke leerling in die skool neem deel aan hierdie konsert en kry blootstelling en verbeter hul selfvertroue om voor n gehoor op te tree.

ENGELSE DRAMA

Engelse dramaklasse vind op Donderdae tydens aktiwiteitsperiodes plaas. Leerlinge is nie aan oudisies onderhewig nie.

  • Lesse is ontwerp met die uitsluitlike doel om leerlinge se verbeelding te stimuleer en hulle selfvertroue te ontwikkel.
  • Dit sluit improvisasie, redenaarskuns en aanbiedingsvaardighede in.
  • Leerlinge werk saam in klein groepies wat hulle leer om idees te deel en as ʼn span saam te werk.
  • Leerlinge word aangemoedig om aan die jaarlikse Drama Festival deel te neem.

REDENAARS

By JAN CELLIERS word alle leerlinge die geleentheid gebied om aan Afrikaans en Engelse Redenaars deel te neem. Graad 1 tot 7 leerlinge neem in klasverband aan die uitdunrondtes deel waar die beste redenaarsdeurdring tot die finale Redenaarsaand. Baie van ons redenaars neem jaarliks aan die ATKV se redenaarskompetisie deel.

SPREEKKORE

Deelname aan die spreekkoor is ʼn prettige manier om in groepsverband saam te werk en deel te neem aan kunswedstryde en Eisteddfods. JAN CELLIERS beskik oor twee spreekkore, die Junior Spreekkoor asook die Junior Spraak en Drama Spreekkoor. Albei spreekkore behaal groot sukses tydens kunswedstryde en Eisteddfods.