JUNIOR- & SENIORKOOR

Ons JAN CELLIERS kore het in Gauteng groot bekendheid verwerf.

Ons behaal uitstekende prestasies tydens kunswedstryde en koorgeleenthede. Die koor se sukses word toegeskryf aan harde werk, selfdissipline en ʼn passie vir musiek. Natuurlik het ons ook groot pret – die jaarlikse seniorkoorkamp is beslis ‘n hoogtepunt op elke koorlid se sosiale agenda.