KENMEKAAR KONSERTE

Jan Celliers se musiekdepartement hou jaarliks ‘n Kenmekaar-konsert, oftewel “Musiekpartytjie”, aangebied in die Skoolsaal. Hierdie geleentheid bied Jan Celliers-ouers en -kinders ‘n geleentheid om na pragtige musiek te luister aangebied deur die musiekonderwysers.  Die aand is ‘n eklektiese program met besonderse verandering in tempo en musiekstyle. Dit is elke jaar ‘n gesellige gebeurlikheid en ‘n groot sukses.