KUNS

JAN CELLIERS Laerskool en Pre-Primêr poog om elke leerder se uitdrukkingsvermoë en artistieke aanvoeling deur middel van kuns te ontwikkel.

  • Aandag word aan detail, kleur, struktuur en patroon gegee.
  • Gebruik van alle sintuie word aangemoedig met die skep van kunswerke.
  • Mediums wat onder andere gebruik word, is waterverf, olie en pastelle, houtskool, papiermaché, klei, drukwerk en collage.
  • Kunswaardering en -geskiedenis vorm ook deel van ons leerplan.