KRIEKET

Deur middel van uitstekende afrigting en positiewe deelname groei ons krieket jaar na jaar.

  • Ons begin reeds in graad een en twee met minikrieket waar basiese tegnieke aangeleer word.
  • Die seisoen strek vanaf September tot November.
  • Spanne neem deel aan ʼn georganiseerde Johannesburg Noord-wes liga.
  • Wedstryde vind weekliks teen ander skole plaas.
  • Elke span word deur ‘n afrigter vergesel en speel hardebal krieket vanaf onder 9.
  • Verskeie van ons seuns speel vir die Johannesburg Noord Area spanne.

DRAG: ‘n Wit kortbroek en wit  gholf hemde met lang wit kouse en wit seilskoene asook ‘n groen pet of kriekethoed en skoolbaadjie.