LANDLOOP

JAN CELLIERS vaar uitstekend in landloop en van ons atlete neem gereeld op provinsiale vlak deel.

  • Landloop strek vanaf Mei tot Julie.
  • Ons oefen hard vir deelname aan die Onafhanklike Skole se liga.
  • Jan Celliers bied een liga byeenkoms per jaar aan waar tot meer as 300 atlete gehuisves word.
  • Jan Celliers bied ons landloopatelete die geleentheid om vrywillig aan die operbare skole se landloopliga deel te neem wat gedurende ons Augustus skoolvakansie plaasvind.
  • ‘n Interhuis landloopbyeenkoms word jaarliks gehou waar bykans elke leerling ʼn punt vir sy of haar span aanteken.

Drag: Tydens byeenkomste dra  seuns en dogters die groen broek en atletiekhemp met tekkies. Die Jan Celliers sweetpak word voor en na wedlope aangetrek.