NETBAL

JAN CELLIERS se netbal bied aan ons dogters die geleentheid om vaardighede aan te leer sodat elkeen hul volle potensiaal op die veld binne spanverband kan bereik.

  • JAN CELLIERS is bekend vir sy hoë standaard van afrigting en skeidsregters.
  • Daar word gepoog om ʼn onderwyser/afrigter vir elke ouderdomsgroep se A en B spanne te hê.
  • Die C en D span spelers word deur vaardige studente afgerig, waar daar op balvaardighede gekonsentreer word.
  • Die seisoen strek vanaf Maart tot in Junie.

Drag: Ons eerste netbalspan speel wedstryde in ‘n spesiaal ontwerpte netbaluitrusting. Alle ander ouderdomsgroepe se dogters dra die netbalrompie met ‘n wit t-hemp en die groen JAN CELLIERS sweetpak.