RUGBY

JAN CELLIERS gee groot aandag aan die skep van goeie sportmangees en deursettingsvermoë tydens rugbyafrigting. Ons ontwikkel elke speler om sy volle potensiaal te bereik.

  • Jan Celliers begin in graad 1 en 2 met Tau-rugby waar seuns die basiese beginsels aanleer.
  • Die ander spanne neem aan meer as een formaat van die spel vanaf Maart tot Julie deel.
  • Elke span het ʼn gekwalifiseerde onderwyser-afrigter sowel as jong energieke mansstudente wat bystaan met die ontwikkeling van tegniek.
  • Daar is vriendskaplike wedstryde teen onafhanklike en staatskole ter voorbereiding vir die liga.
  • Wedstryde vind in Juniemaand plaas.

Drag: Ons eerste span speel in eiesoortige truie. Vir wedstryde dra seuns ‘n wit kortbroek en groen wedstrydtrui.