SKAAK

JAN CELLIERS het homself as ʼn skaakskool van uitmuntendheid gevestig. Leerlinge word gereeld genooi na nasionale skaakkampioenskappe waar ons spelers uitstekend vaar en aangewys word as nasionale skaakkampioene in hulle ouderdomsgroepe.

  • Ons skryf ons sukses toe aan die feit dat ons reeds in Graad 0 formeel skaak begin afrig en hier potensiaal identifiseer.
  • Dinsdaemiddae is daar afrigting deur baie bekwame en ervare skaakspelers.
  • Sukses word ook toegeskryf aan ons toegewyde ouers wat hul kinders gereeld inskryf vir toernooie en dan ook die waarde van afrigting besef.
  • Ons neem ook jaarliks aan die streeksliga deel en aan die interskole Supperclub wat die privaatskole betrek.

Drag: Spelers deel in skoolklere deel.