NUUTSTE PRESTASIES

SPORT

KRIEKET

Drie van ons krieketspanne het hierdie jaar deurgedring tot die finale rondte vir die 2018 ligawedstryde.

O/9 A, O/10 A en O/11 A spanne.

Die O/9 krieketspan deel die trofee as ligawenners met Laerskool Fairland nadat die wedstryd weens die weer onbeslis geëindig het. Hierdie span was ook die ligawenners in 2018.

Die O/10 en O/11 krieketspanne verloor ongelukkig in die finaal teen Laerskool Fairland.

KULTUUR

SENIOR KOOR

Die senior koor verwerf ’n Goue Diploma tydens die World Choir Games in Pretoria. Ons koor kwalifiseer ook vir deelname in die kompetisie vir die  volgende vyf jaar.

Ons koor was voorwaar uitstekend en mense uit verskeie oorde het melding gemaak van ons kinders se mooi gedrag en optrede.

GEMEENSKAP

MANDELADAG

Baie dankie aan elke ouer vir u oop hand en hart met ons Mandeladag vieringe.  Daar is ‘n groot hoeveelheid komberse en ‘n magdom toiletbenodigdhede vir die Helen Joseph hospitaal ingesamel.  Jan Celliers ouers se omgee en betrokkenheid by mense wat nie soveel soos ons het nie, verdien die grootste bewondering en is beslis prysenswaardig.

AKADEMIE

Wiskundepretdag van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. jan Celliers verteenwoordig 12 van die 43 leerlinge uit Gauteng en KZN. Nicholas Kruger kry bronssertifikaat vir Wetenskap, Gabbi Craven silwer vir Wiskunde en Hein Gertenbach silwer vir Wetenskap.

SPORT

Rugby

Die rugbyseisoen het vir ons eerste span op ‘n hoë noot afgeskop. Tydens die St Benedict’s toernooi slaag hulle daarin om al drie hul wedstryde te wen. Die eerste span speel ses wedstryde tydens die King Edward Rugby Toernooi (13 – 17 April) en slaag daarin om in al die wedstryde wegholoorwinnings te behaal. Die o.7- en o.8-seuns geniet die TAU-rugbywedstryde waaraan daar weekliks deelgeneem word terdeë. Daar word met durf en passie gespeel. Ons o.9 – en 1ste span dring vanjaar tot die Goue Leeus kwartfinaal-uitspeelwedstryde deur.

Die 1ste span word die eerste o.13 span in die geskiedenis van Jan Celliers om die Goue Leeus Laerskole Premierliga te wen. Marais Botha dring tot die laaste rondte van die Goue Leeus proewe deur.