Omsendbriewe
Omsendbrief No: 7 - Gelukwense
| Artikel Indeks |
|---|
| Omsendbrief No: 7 |
| Gelukwense |
| Alle bladsye |
GELUKWENSE
Hartlik geluk aan die volgende kinders wat mooi presteer het :
Skoolhooftoekennings
Michael Long vir hulpvaardigheid. Nicky Sibanyoni vir entoesiasme.
Swem
Miguel Corado verwerf sy Provinsiale kleure vir swem. Hy gaan Gauteng by die S A kampioenskappe verteenwoordig. Ons swemspan vaar baie goed by die byeenkoms teen De la Salle, Crawford, Sacred Heart en Knights. Jan Celliers eindig in die 2e plek net 8 punte agter De la Salle.
Krieket
Die Ter Horst A-span wen met 53 lopies teen Parkview Senior. Hugh Morgan teken 67 lopies van net 36 balle aan.
Die O/9 B-span wen met 51 lopies teen King David se O/9 A-span. Wikus van Niekerk behaal 20 lopies.
Die O/9 A-span wen met 124 lopies teen Parkhurst. Jean-Pierre Coetzee kolf pragtig en behaal 36 lopies.
Ten spyte daarvan dat die Commonwealth A-span teen Parkview Senior verloor het, slaan Lex Slabbert 59 lopies van 43 balle af en behaal hy en Tjaart Venter ‘n 50 vennootskap om die 6e paaltjie.
Die Ter Horst B-span wen met 6 paaltjies teen De la Salle. Albert von Moltke boul skitterend en trek 5 paaltjies vir slegs 2 lopies plat.
Skaak
Thomas de Beer wen die O/10 afdeling van die Fairland skaaktoernooi.
Atletiek
Helena van Eeden en Michael Long behaal elk ‘n 2e plek en Thinus Swanepoel behaal ‘n 3e plek by die Distrikskampioenskappe. Hulle gaan op 5 en 6 Maart aan die Gauteng kampioenskappe deelneem.
Sagtebal
Die Junior B-span wen met 16 - 6 teen Dainfern.
Die Junior A-span wen met 12 - 4 teen Dainfern. Minke Swart slaan 2 "home runs".
Die 1e span verloor ongelukkig teen Dainfern met 12 - 18 en teen Beaulieu met 9 - 14.
Die Junior A-span wen met 14 - 9 teen Beaulieu.
Mini-krieket
Wedstryde by Rosebank:
Die O/7A-span wen met 46 lopies en die O/7B-span wen met 3 lopies.
Die O/8A-span wen met 14 lopies en die O/8B-span wen met 2 lopies.
Tennis
Ons senior dogterspan wen met 22 - 20 teen De la Salle. Ons dogters se afgeronde optrede en hul goeie sportmangees was opvallend.Die senior seunsspan wen met 45 - 18 teen King David. Ons seuns speel uitstekende, skouspelagtige tennis.
Johannesburg Mini Stadsraad
Roneque Janse van Rensburg en Logan Geldenhuys het die Camp David leierskamp van die mini stadsraad bygewoon.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
