Nuusflits
Akademiese beurs: Logan Geldenhuys verwerf 'n akademiese beurs van St John's.
Omsendbriewe
Omsendbrief No: 8
BLOMBOLLE PROJEK
Ons blombolle projek eindig eerskomende Maandag, 8 Maart en u word vriendelik versoek om u kind te inspireer om 'n laaste poging aan te wend om van hierdie projek 'n sukses te maak. Dit sal waardeer word indien elke kind ten minste een bestelling op sy/haar vorm kan kry. Bestelvorms met die vooruitbetaling moet asseblief so spoedig moontlik skool toe gestuur word.
WêRELD WISKUNDEDAG
Wêreld Wiskundedag vind vandag plaas. Alle graad 4 tot 7 leerlinge neem deel teen leerlinge van regoor die wêreld.Mnr. Van Zyl het aan alle leerlinge hul gebruiksname en wagwoorde verskaf. Elke speletjie duur 60 sekondes en leerlinge kan soveel speletjies speel as wat hulle wil. Dit is ‘n wonderlike manier om gesyferdheid te bevorder en ons vertrou dat ons weer soos in die verlede leerlinge in die Top Tien van Suid-Afrika en moontlik in die wêreld sal lewer. Alle punte wat leerlinge in die vooraf rondtes opbou sal op 3 Maart verloor word, en slegs die punte wat op 3 Maart versamel word sal vir die kompetisie in berekening gebring word. Navrae aangaande die kompetisie kan aan mnr Fred van Zyl gerig word. Die webadres is http://www.worldmathsday.com/
WêRELD "EARTH HOUR"
Hierdie internasionale gebeurtenis is 'n inisiatief van die World Wildlife Fund (WWF) en word jaarliks op die laaste Saterdag van Maart gehou. Die versoek is dat huishoudings, besigheidsorganisasies en skole op hierdie dag hul nie-essensiële kragtoevoer en ligte vir een uur sal afskakel. Jan Celliers gaan vanjaar meedoen aan hierdie verdienstelike saak en versoek elke huishouding om op 27 Maart tussen 08:30 en 09:30 hierdie saak te ondersteun. U kan ook die Earth Hour webwerf besoek by http://www.earthour.org/
GROOTMAAT PANNEKOEKBESTELLINGS VIR KERMIS
U kan nou reeds bestellings vir pannekoeke op grootmaat plaas. Die gevriesde pannekoeke vir huisgebruik sal op 15 - en 16 Maart aan u besorg word. Alle bestellings moet op Vrydag 5 Maart afgehandel word en kan soggens tot 08:00 en smiddae tot 14:00 by die kleuterskool geplaas word. Pannekoeke kos R4.00 elk. Ondersteun asseblief hierdie kermisprojek.
PARKERING
Ouers word asseblief vriendelik versoek om nie soggens op die personeel se parkeerplekke te parkeer wanneer u, u kind aflaai nie.
LEONARDO PROJEK
Ons het besluit om vanjaar die tradisionele muntlegging tydens die Paasfeesprogram met ‘n opwindende nuwe projek te vervang. "Underground", die jeugafdeling van Geopende Deure, het 'n uitstekende nuwe projek geloods om fondse vir Kinderbybels in te samel. Ons skool wil graag aan die Leonardo projek deelneem. Leonardo is 'n lam - een van plastiek ('n spaarbussie). Leerlinge kan hul eie Leonardo-spaarbussie vir net R10 by die skool koop en dit met munte vul om 'n Kinderbybel vir die jongmense van die vervolgde Kerk te borg. Sodoende kan ons ‘n verskil maak in die lewens van kinders wat nie die voorreg van godsdiensvryheid het nie. Al die munte sal met die Paasfeesprogram ingeneem en versprei word.
Waarom Leonardo? Leonardo beteken "Soos 'n Leeu" en verwys na Jesus as die Leeu van Juda (Openbaring 5:5). Die Bybel vertel ons ook dat Jesus die Lam van God is wat gestuur is om aan 'n kruis te sterf en ons van ons sondes te reinig (Openbaring 5:6). Hierdie spaarbussie in die vorm van 'n lam herinner ons aan wat Jesus vir ons gedoen het.
Ons glo dat almal verdien om hulle eie kopie van God se Woord te hê. Vanjaar is Geopende Deure se doel om soveel Bybels moontlik in die hande van die jeug van die vervolgde Kerk te plaas. Hulle sal met Hemelvaart getuienis oor die kinders wat vir die eerste keer hulle eie Bybels ontvang het, deel.
Bestellings vir die Leonardo spaarbussies moet teen Vrydag 5 Maart by die registeronderwysers geplaas word.
GELUKWENSE
Hartlik geluk aan die volgende kinders wat mooi presteer het :
Afrikaanse dag : Logo- en slagspreukkompetisie
Ons graad 4 - 7 leerlinge het met uitstekende logo's en slagspreuke vorendag gekom.
- Die beste slagspreuk : "Afrikaans is liplekker" deur Heike Edeling.
- Die beste logo : "My hart praat Afrikaans" deur Helena van Urk.
- Die algehele wenner was Helena van Urk, met Christie du Plessis in die 2e plek en Marguerite Kotze in die 3e plek.
Baie dankie aan ons ouers wat 'n Afrikaanse boek geskenk het.
Krieket
Die Commonwealth A-span wen met 7 paaltjies teen Blairgowrie. Daniél Coetsee behaal 85 lopies van 42 balle, Cobus van der Merwe kry 28 lopies van 25 balle en Lex Slabbert kry 22 lopies van slegs 10 balle. Die 1e paaltjie vennootskap was 88 lopies van 82 balle af en die 2e paaltjie vennootskap was 60 lopies van net 41 balle.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
