Omsendbriewe

Omsendbrief No: 22

Artikel Indeks
Omsendbrief No: 22
Gelukwense
Alle bladsye

KONSERTKAARTJIES
Alle kaartjies vir die konsert is uitverkoop.  Baie dankie vir almal se positiewe ondersteuning.

PARKERING TYDENS DIE KONSERT
U is baie welkom om tydens die konsert op die boonste sportveld te parkeer. Daar sal elke aand wagte aan diens wees wat na die veiligheid van u motor sal omsien.

BELANGRIKE KONSERTREËLINGS

  • Geen konsertoefening vind op Donderdagmiddag 29 Julie plaas nie, weens die aand se tegniese repetisie.
  • Tegniese repetisie

Die tegniese repetisie (klank en beligting) vind op Donderdagaand   29 Julie om 18:00 plaas.  Alle graad 2 en 3 leerlinge moet asseblief om 17:15 by hul wagklasse aanmeld.  Die res van die leerlinge meld om 17:30 by hul onderskeie wagklasse aan. Leerlinge moet asseblief in hulle swart T-hemde en -broeke geklee wees sonder enige grimering.  Die grimering word by die skool gedoen om eenvormigheid te verkry.  Enkele kinders sal indiwidueel in kennis gestel word om vroeër aan te meld indien hulle grimering langer sal neem.  Geen toeskouers word tydens die repetisie toegelaat nie.

  • Kleedrepetisie : Vrydag 30 Julie

Die kleedrepetisie vir oupas en oumas wat nie saans in die koue kan uitkom nie, asook huishulpe, vind op Vrydag 30 Julie om 12:00 plaas.  Dit is nie nodig om plekke te bespreek vir hierdie vertoning nie.

  • Geskeduleerde oefening : Saterdag 31 Julie

Die vordering met hierdie week se oefeninge was sò goed dat dit nie meer nodig is om die gesamentlike oefening soos beplan op Saterdag 31 Julie te hou nie.  Dié gesamentlike oefening word dus gekanselleer.  Daar sal slegs 'n oefening vir die hoofrolle en solosangers vanaf 09:00 tot 13:00 wees.

  • Konsertweek : 2 - 6 Augustus
  • Leerlinge meld elke aand om 17:45 in hul swart T-hemde en -broeke sonder grimering by hul wagklasse aan. Grimering sal voor elke vertoning by die skool gedoen word.
  • Rekwisiete en "flertse" word by die skool gehou.
  • U word baie vriendelik versoek dat kinders reeds by die huis sal eet. U is baie welkom om vir hulle 'n kospakkie saam te gee.

GRAAD 4 - 7 TOETSE : 30 JULIE
 

U word daaraan herinner dat die graad 4 - 7 toetse van Vrydag 30 Julie na Donderdag 29 Julie verskuif is. Weens die tegniese repetisie van Donderdagaand 29 Julie is dit nie in die kinders se beste belang om hulle die dag na die repetisie te laat toetse skryf nie.

SPORT GEDURENDE KONSERTWEEK
U word vriendelik daarop gewys dat daar geen sportoefeninge of -wedstryde in die week van die konsert (2 - 6 Augustus) sal wees nie, uitgesonderd die skaakliga wat wel volgens die NWR bepalings op Maandag 2 Augustus sal plaasvind.

GEOPENDE DEURE : BAIE DANKIE
Ons het 'n skrywe van Geopende Deure ontvang waar Jan Celliers bedank word vir die bedrag van R6 012.65 wat ingesamel is om die Woord van God aan die vervolgde kerk te bring.  Ons kan met groot dank sê dat juffrou Ara en mnr Michael Botes nie verniet die strawwe Comrades Marathon aangepak het nie. Baie dankie aan Michelle Botes vir die pragtige Projek Comrades inisiatief wat sy van stapel gestuur het, en dankie aan elke ouer en kind wat 'n bydrae gemaak het.  Saam kan ons 'n verskil maak.

INTERHUIS ATLETIEKBYEENKOMS
Daar is besluit om die jaarlikse Interhuis Atletiekbyeenkoms wat vir Donderdag 19 Augustus geskeduleer was, na Saterdag 14 Augustus te verskuif. Die byeenkoms sal op die bane van JCE plaasvind.  Aangesien ons genoodsaak was om akademiese tyd met enkele konsertoefeninge te gebruik, is daar besluit om nie nóg 'n skooldag vir atletiek te gebruik nie.

JAN CELLIERS MUSIEKKUNSWEDSTRYD
Ons jaarlikse Jan Celliers musiekkunswedstryd vind vanaf 26 tot 29 Oktober plaas.  Inskrywingsvorms met volledige inligting is op die skool se webblad beskikbaar.

SIAT (SCHOOL INTERNATIONAL ASSESSMENT TESTS) EKSAMENS
Jan Celliers neem jaarliks aan hierdie internasionale eksamens in Engels, Wiskunde en Wetenskap deel.  Graad 6 en 7 leerlinge wat ingeskryf het vir die eksamen word sterkte en voorspoed toegewens.

Die Engelse vraestel word op Woensdag 18 Augustus gekryf en die Wiskunde- en Wetenskap vraestelle op Donderdag 19 Augustus.

 

ATKV REDENAARSKOMPETISIE

 Henry Staal, Helena van Urk, Monet du Plessis en Daniël Venter neem op Vrydag 30 Julie aan die halfeindrondte van die ATKV redenaarskompetisie by Helpmekaar deel.  Baie sterkte aan hierdie kinders. 

AGTERSTALLIGE BIBLIOTEEKBOEKE
Leerlinge wat boeke het wat nou al baie lank agterstallig is, word gevra om dit asseblief terug te bring.   Dit bemoeilik administrasie en sommige leerlinge is in besit van gewilde boeke wat ook deur ander leerlinge uitgeneem wil word.

SOPPAKKIES
Baie dankie aan ons ouers vir die mooi reaksie met die soppakkies vir minderbevoorregte mense wat by sopkombuise gevoed word. U kan nog pakkies sop na die registerklasse stuur, voor of op 18 Augustus.



Ons is uniek en spesifiek!
Adres:
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg
Posadres:   
Privaatsak X4, Parkview, 2122
Telefoon
011 646-3336 / 011 486-1042
Faks: 
011 646-4203
E-Pos: