FASILITEITE

REKENAARSENTRUM

Twee ten volle toegeruste rekenaarsentrums word daagliks benut. Verskeie rekenaarprogramme word gebruik om leerders bloot te stel aan die nuutste tegnologie en enige aktuele materiaal.

MEDIASENTRUM

Lees en navorsing vorm in die kern van die leerproses by JAN CELLIERS. Ons goed toegeruste biblioteek kweek ʼn liefde vir lees  vanaf ʼn vroeë ouderdom. Die besondere leeskultuur van Jan Celliers word verder uitgebrei met

  • Storie-aande
  • Fantasiedag waar leerlinge ʼn karakter in ʼn boek voorstel
  • Kwartaallikse leesuitdagings.

 

KULTUUR EN MUSIEKSENTRUM

Die Barbara Pretorius Konsertsaal word in Junie 2015 in gebruik geneem. Hierdie ultra moderne lokaal is geskik vir musiekkonserte, drama-aande asook kunsuitstallings.  Ons moderne kultuursentrum bevat klankdigte musiekkamers waar individuele musiek onderrig plaasvind. Daar is ook groter klaskamers waar klasmusiek en ensembles aangebied word