ONS LEIERS

Agter v.l.n.r. Me. Me Isabel du Plessis (Media), Lientjie Reitz (Departementshoof Kultuur), Gabrilël van der Westhuizen (Onderhoofseun), Christian Nieuwoudt (Voorsitter : Kultuur), Mnr. Christoff Visser (Graad 7 Graadhoof), Ben le Roux (Hoofseun), Mnr. Gerhard Keyter (Hoof), Mnr. Deon Cruywagen (Adjunkhoof : Sportraad), Mev. Karen Swanepoel (Adjunkhoof : Akademie)

Voor v.l.n.r. Zac Erasmus (Voorsitter : Mediaraad), Liam van der Westhuizen (Voorsitter : Leerlingsakeraad), Mignonne de Beer (Hoofdogter), Jamie Scholtz (Onderhoofdogter), Isabelle Fouché (Voorsitter : Sport).

Leiers het ʼn diens-, kommunikasie- en gesagsfunksie.

Die dagbestuur bestaan uit twee hoofleiers en twee onderhoofleiers. Die leiers word in die volgende vier rade ingedeel – Sport; Kultuur; Media en Leerdersake sake.

Ons leiers vir 2019 is:

Hoofseun : Ben le Roux
Hoofdogter : Mignonne de Beer
Onderhoofdogter : Jamie Scholtz
Onderhoofseun : Gabriël van der Westhuizen
Voorsitter – Sportraad : Isabella Fouché
Voorsitter – Kultuurraad : Christian Nieuwoudt
Voorsitter – Mediaraad : Zac Erasmus
Voorsitter – Leerlingsakeraad : Liam van der Westhuizen

Oudleerlinge sprei hul vlerke … en vlieg hoog!

Daar word gereeld gespog met ons oudleerlinge se uitstekende matriekresultate. Uit blote nuuskierigheid het die redaksie ondersoek gaan instel na waar sommige van die afgelope dekade se presteerders hul huidiglik bevind.

Jan Celliers se hoofseun van 2009, Daniël Erasmus, het met 13 onderskeidings in die sak, ‘n akademiese beurs aan die Universiteit van Columbia in die VSA verwerf. Sy hoofvakke is Wiskunde en Ekonomie. Ons musiekwonder, Wilmien Janse van Rensburg, het met 7 onderskeidings ‘n musiekbeurs aan die Trinity Laban Konservatorium in Brittanje verwerf. Sy studeer tans BMus Hons in Viooluitvoering. Franci van Rhyn studeer Toegepaste Wiskunde aan die Havard Universiteit in die VSA en Robbie Nutt is ‘n student aan die Quest Universiteit in Kanada.

Pas nadat Jacques van Rhyn sy graad in Toegepaste Wiskunde aan die Harvard Universiteit (VSA) voltooi het, is hy deur Microsoft (Seattle) in diens geneem. Op 23 is hy een van hul jongste projekbestuurders. Kara Birkenmayer het onlangs haar Liberal Arts graad aan Harvard voltooi. Lané Botha het ‘n graad in Visuele Kultuur en Kommunikasie aan die Universiteit van New York behaal. Sy is tans ‘n werknemer van Snapchat in Los Angeles. Haar suster, Marie Botha, is ‘n dramastudent aan die Yale School of Drama.

Daar is ‘n aantal van ons jonger oudleerlinge wat die afgelope tyd besonder goed op sportgebied presteer het. Roelof van der Walt het vanjaar aan die 2017 IAAF Wêreldjeugatletiek-kampioenskappe in Nairobi, Kenia deelgeneem. Hy was eerste by die SA-Atletiekkampioenskappe in die 110m hekkies. Jessica Portwig is vir ‘n junior SA-tennisspan gekies wat aan 2 wedstryde tydens die Wimbledon tennistoernooi in Londen deelgeneem het. Ben Clarke is vir die Goue Leeus o.18 Akademiespan gekies wat aan die Craven-week deelgeneem het. James Clarke is vir die Goue Leeus o.16 Akademiespan gekies wat aan die Grant Khomo-week deelgeneem het. Charl Morgan is vir die SA o.16-seunspan gekies wat aan die Davisbeker toernooi in Tunisië deelgeneem het.

Twee van ons ouer oudleerlinge was die afgelope tyd in die nuus. John Trengove, ook ‘n oudstudent van die Universiteit van New York, se debuutrolprent, The Wound, is vroeër vanjaar internasionaal vrygestel. Dit het pas ook in rolprentteaters in Suid-Afrika begin draai. Hy is reeds geruime tyd bekend as skrywer, regisseur, dramaturg en vervaardiger van dokumentêre, kommersiële en kort films. John spog met vele nasionale en internasionale toekennings in die film- en vermaakbedryf, onder andere ‘n Loerie, SAFTA, Rose d’Or en ‘n Emmy-nominasie.

Philip Rademeyer is tans ‘n dramalektor aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het ‘n honneursgraad in Sielkunde en Teater aan die Ohio Wesleyan Universiteit behaal. Terug in Kaapstad het hy sy studies voortgesit en ‘n meestersgraad behaal. As dramaturg en regisseur van talle toneelstukke is hy reeds vir ‘n Fleur du Cap-toekenning genomineer en as wenner van die Rosalie van der Gucht – (Beste Nuwe Regisseur) en die Oscar Wild (Beste Nuwe Draaiboekskrywer) -toekenning bekroon. Drie van sy produksies was vanjaar by die Grahamstadse Nasionale Kunstefees op die planke.

Selfs ons Raadslede is in die kollig. Ons is baie trots op ons Raadsvoorsitter, Adv Altus Joubert, aan wie die Noordwes-Universiteit onlangs ‘n eredoktorsgraad toegeken het. Die graad Doctor Legum (Honoris Causa) is in erkentlikheid vir sy uitnemendheid as akademiese en regspraktisyn, sy internasionale status en erkenning, sy bydrae tot die regsprofessie en opvoeding, gemeenskapsbetrokkenheid asook sy spesiale band met die Fakuliteit Regte aan die Noordwes-Universiteit, toegeken.