SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID

JAN CELLIERS is ook ʼn plek van gemeenskapsbou waar kinders leer om ʼn verskil te maak.

HERWINNINGSPROJEKTE

Ons herwin elke Donderdag voor Pre-Primêr die volgende items vir hergebruik en projekte in die kleuterskool:

  • alle plastiek, verkieslik mooi uitgespoel
  • blik
  • tetrapack
  • polistireen
  • glas
  • foelie
  • papier

Pre-Primêre leerlinge leer die waarde van herverbruik en herwinning en rommel verander gereeld in kuns. Ouers en leerlinge word aangemoedig om herwinbare produkte van hul huise af by die skool te deponeer. Daar ook herwinningshouers op die Laerskool kampus geplaas vir gebruik deur alle ouers, onderwysers en leerlinge.

JAN HOFMEYER GEMEENSKAPSPROJEK

JAN CELLIERS is betrokke by die Jan Hofmeyer gemeenskapsprojek.   Ons versamel kos en klere op ʼn weeklikse basis deur houers wat by Pre-Primêr aangebring word. Ouers skenk ook speelgoed, linne en skryfbehoeftes volgens spesifieke behoeftes. Jan Hofmeyer se kleuters kom kuier een keer per termyn by ons, en ontvang dan kospakkies waarvoor ʼn spesifieke kleuter verantwoordelik is. Ons nooi hulle ook wanneer Kersvader ons besoek  en elke kleuter ontvang dan ‘n boek as geskenk. Die kleuteronderwyseresse vergesel die kleuters en kuier in ons klasse, ontvang riglyne en ondersteuning. Van ons ouers is ook betrokke by Jan Hofmeyer se rekenaarsentrum waar hulle opleiding gee en die stelsel in werkende toestand hou.

‘MY SCHOOL’

Ons ouers ondersteun graag die “My School” projek deur aankope wat by verskeie  “My School”-geaffilieerde winkels gemaak is.  

JAN CELLIERS IDENTIFISEER GEMEENSKAPSBEHOEFTES

 Ons ouer, leerders en bestuur identifiseer graag projekte waar ons ,n verskil in die gemeenkap kan maak.

  • Kerspakkies vir Parksorg
  • Skoene en klere vir behoeftige kinders
  • Geopende Deure
  • “Reach for a dream”
  • “Door of hope”
  • “Streetlight children”