HERFSLOOP

Jaarliks geniet die hele familie die Herfsloop.  Kleuters stap fluks tien rondtes en verdien ’n heerlike sjokolade medalje.  Daarna is dit kermistyd met baie pret vir oud en jonk.  Die feestlike karnaval gevoel maak hierdie pret familiedag vir ons Jan Celliers-ouers ‘n onvergeetlike inskrywing op die jaarlikse kalender.

.

OUPA- EN OUMADAG

Pre-primêr en die Speelskool is eerste aan die beurt op hierdie spesiale dag net vir grootouers.  Vroegoggend word daar in en om die kleuters se klasse gekuier en foto’s geneem.  Daarna vermaak  kleuters groepsgewys grootouers  met kwinkslae en sang in die saal.  Verversings word deurentyd bedien en omstreeks 10:00 is die laerskool aan die beurt.

SKATTEJAG & KENMEKAAR

Die groot JAN CELLIERS-familie ontmoet mekaar op ’n baie prettige wyse wanneer kleuters en ouers saam die leidrade volg en skatkaarte voltooi.  Teen die tyd dat elke kleuter ’n skat ontdek het, is die worsbroodjies gereed en almal kuier gesellig in die kloktuin tot laat.

.

ENTREPRENEURSMARK

Tweeweekliks is daar kolwyntjie verkope.  Kleuters kry om die beurt kans om self, met hulp tuis, kolwyntjies te bak en te versier.  Die kokke is dan die verkopers van die dag en hanteer die kopers se geld en kleingeld.

KERSMARK

Teen November is kleuterhandjies al baie vaardig en word pragtige, unieke Kersgeskenkies gemaak.  Kleuters verpak en verkoop dan baie trots hulle eie handewerk teen billike pryse wat slegs onkoste dek.

.

KERSSPEL

Die jaarlikse Kersspel sluit die jaar op ’n baie besondere wyse af.  Al die kleuters neem deel en bring op hulle spontane, onskuldige manier die Kersboodskap met sang en Bybelvertellings aan die gehoor.