ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Aangesien ons op vroeë intervensie ingestel is, is daar terapeute en ʼn opvoedkundige sielkundige op die terrein. Kleuters kan terapie ontvang gedurende die oggendprogram.

SPRAAKTERAPEUT

Mev. Mignon Botes, spraakterapeut van Therapeace, werk saam met onderwysers en ouers om enige spraakprobleme te oorbrug. Sy werk op ons perseel en besoek ons skool na gelang van die aanvraag. Skakel Mignon op 076 575 8676.

 

ARBEIDSTERAPEUT

Mev. Charlene Cruickshank, arbeidsterapeut, werk saam met personeel en ouers om enige uitvalle aan te spreek. Sy werk op ons perseel. Skakel op Charlene 082 879 6062.

 

OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

Me. Almarie Nel , opvoedkundige sielkundige, werk saam met personeel en ouers om enige opvoedkundige sielkundige aspekte aan te spreek. Skakel Almarie op 079 490 5818.

 

SKOOLGEREEDHEIDSASSESSERING

Graad 0 kleuters ondergaan, met toestemming van hul ouers, skoolgereedheids-assessering asook sig- en gehoorskandering deur opgeleide persone.