Nuusflits
Gimnastiek: Mia Vorster behaal tydens twee agtereenvolgende kompetisies ‘n goue medalje, en word ook as algehele wenner in haar ouderdomsgroep aangewys - die Tukkies kampioenskappe en 'n kompetisie van die Johannesburg Gymnastics Klub.Program
Die keuse van die regte kleuterskool is waarskynlik een van die belangrikste besluite wat ouers vandag oor hulle kinders kan neem. Soveel faktore wat later in die lewe 'n belangrike rol in suksesvolle aanpassing en ontwikkeling speel, word reeds in die kleuterjare vasgelê, en hierin kan die rol van die kleuterskool kwalik oorbeklemtoon word.
Ons bied u kleuter die geleentheid om binne groepsverband te funksioneer. Terselfdertyd lê on klem op persoonlike deelname aan 'n verskeidenheid aktiwiteite waarin u kind self skep, self redeneer, self standpunt inneem en so 'n eie persoonlikheid ontwikkel.
Ons onderrig is gegrond op die Matal program, wat na omvangryke navorsing en verfyning in Israeliese pre-primêre skole wêreldwyd inslag gevind het. Die program het hom ten doel om:
- 'n ondersoekende ingesteldheid te vind
- kreatiewe denke en estetiese bewustheid te koester
- wiskundige vaardighede en taalontwikkeling te bevorder
- ondernemingsgees aan te moedig
- sukses te geniet en realisties na mislukkings te kyk
Begrippe word dus vasgelê waaruit suksesvol in die toekoms getap kan word. Ons bied:
- 'n volledige kleuterskool met junior-, middel-, senior- en graad 0 groepe
- 'n Christelik deurweefde program
- persoonlike aandag in groepies van 6 waarin die kleuters in groepsverband funksioneer
- Afrikaans as onderrigmedium, maar met gereelde blootstelling aan Engelse stories, liedjies, versies, teaterstukke en rekenaarprogramme
- moderne opvoedkundige apparaat en 'n ryke verskeidenheid boeke
- rekenaaronderrig vir graad-0 klasse
- musiekonderrig deur 'n opgeleide kundige
- " playball", tennis, ballet, kreatiewe beweging, spraak, drama, swem en kuns gedurende die oggend
- die gebruik van die laerskool se terrein
- uitstekend gekwalifiseerde personeel
- toegang tot 'n gekwalifiseerde terapeutespan op die terrein
- noue skakeling met die Junior Departement van die laerskool
- nasorg in die middag tot na 5 uur
Skakel ons gerus by (011) 646-0645 met enige navrae.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
