Nuusflits

Gimnastiek: Mia Vorster behaal tydens twee agtereenvolgende kompetisies ‘n goue medalje, en word ook as algehele wenner in haar ouderdomsgroep aangewys - die Tukkies kampioenskappe en 'n kompetisie van die Johannesburg Gymnastics Klub.  

Skooldrag

Leerlinge in die Departement Pre-primêr dra nie verpligte voorgeskrewe skooldrag nie. Gr.0-leerlinge dra 'n gemaklike uniforme drag. Dit sluit in 'n groen skoolbroekie, 'n skool T-hempie, 'n groen skoolhoed en 'n skoolsweetpak.

Leerlinge van Gr.1-Gr.7 dra die voorgeskrewe uniform vir alle skoolgeleent-hede. Alle kledingstukke insluitende skoene, moet duidelik met die leerling se naam gemerk word. Baadjies word elke dag na en van die skool gedra.

Seuns

Dogters

  • Kleurbaadjie met wapen
  • Grys broek (kort in die somer, opsioneel lank in die winter
  • Wit kortmouhemp (somer)
  • Wit langmouhemp en das (winter)
  • Swart leerskoene met gewone dun sole
  • Grys kouse
  • Skooltrui
  • Skoolserp (winter)
  • 'n Bottelgroen gestopte Jan Celliers-baadjie (opsioneel in die winter)
  • Kleurbaadjie met wapen
  • Groen skoolrok en wit kortmouhemp (somer)
  • Wit kortmouhemp (somer)
  • Wit langmouhemp en das (winter) groen skoolrok of groen skoollangbroek(winter)
  • Swart leerskoene met gewone dun sole (bandjie oor voet)
  • Wit sokkies (somer) Swart kuitkouse/kousbroekie (winter)
  • Skooltrui
  • Skoolserp (winter)
  • 'n Bottelgroen gestopte Jan Celliers-baadjie (opsioneel in die winter)

Die winterskooluniform word vanaf Mei gedra.

Leerlinge moet te alle tye die skool bywoon in volle skooldrag, soos voorgeskryf. (ook na skoolfunksies soos musiekkonserte en redenaarskompetisies). Dit is belangrik dat die leerlinge die beeld van die skool moet uitdra deur ‘n netjiese en versorgde voorkoms. Sodoende word ook ‘n trots vir die eie ontwikkel. Die sweetpak is deel van die sportdrag en nie deel van die daaglikse skooluniform nie.

Indien dit te warm is, sal die onderwyser/es verlof gee om baadjies in die klas uit te trek. Daar word voorsiening gemaak vir sluitkaste waar persoonlike besittings, sportsakke, baadjies, ens. gehou moet word.

Selfone word gedurende die skooldag in sluitkaste toegesluit en word nie in klasse ingebring nie. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid as selfone wegraak nie.

Dogters mag goue ringetjies of knopies(studs) in die ore dra (een aan elke oor), maar geen ander juweliersware sal toegelaat word nie.

Slegs bottelgroen of geel haartoebehore word by die offisiële skooldrag gedra. Skooltasse en sportsakke is bottelgroen en is by die leweransiers beskikbaar. Geen bont sakke sal toegelaat word nie.

L.O.-DRAG (seuns en dogters)
Groen of geel  T-hemp en groen kortbroek -somer.
Jan Celliers-sweetpak -winter

LEWERANSIERS
Burgers Broers FORDSBURG
Tel: 832-2211
Klerewinkel by die skool
Tel: 646 -3336

Ons is uniek en spesifiek!
Adres:
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg
Posadres:   
Privaatsak X4, Parkview, 2122
Telefoon
011 646-3336 / 011 486-1042
Faks: 
011 646-4203
E-Pos: