Atletiek
Word vanaf September tot Oktober aangebied en neem Jan Celliers deel aan die Onafhanklike Skole se liga. Die byeenkomste geskied op Woensdae en is beperk tot baanitems. Saterdae neem ons deel aan baan en velditems. Die seisoen skop af met 'n Interhuis kompetisie waar elke leerling die geleentheid kry om sy of haar staal te wys vir 'n huispunt. Om ons voor te berei vir die seisoen word daar twee keer per week geoefen. Massa deelname is belangrik alhoewel die beste atlete per ouderdomsgroep ingeskryf word vir die liga byeenkomste. Die seisoen bereik 'n hoogtepunt met die Prestige byeenkoms waar slegs die top-atlete deelneem.
Die fasiliteite by Jan Celliers ten opsigte van velditems is van 'n hoë gehalte en word daar onder veilige omstandighede met spesialiste geoefen. Vir die oefen van naellope en middelafstande word daar van gekwalifiseerde afrigters gebruik gemaak. Aflosse is 'n fokus en word daar benewens naskoolse oefen tye ook tydens pouses geoefen.
Atlete wat besondere talent toon word na die Universiteit van Johannesburg verwys vir verdere deelname en moontlike opname in provinsiale spanne.
Middelafstand atlete neem ook deel aan landloop byeenkomste ter voorbereiding vir die liga byeenkomste.
DRAG: Seuns en dogters oefen in die gewone groen kortbroek en wit kraag T-Hemp . Vir byeenkomste dra seuns en dogters ‘n spesiale atletiek broekie en frokkie en die vol groen Jan Celliers sweetpak.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
