Rugby
Rugby is by uitnemendheid die sport waaraan 'n skool se prestasie gemeet word en juis daarom word baie aandag aan die skep van goeie sportmangees en deursettingsvermoë so hoog geag deur die afrigtingspan. Benewens 'n gekwalifiseerde onderwyser-afrigter per span word jong energieke mans studente ook aangestel om die seuns die spel behoorlik aan te leer. Jan Celliers begin in graad een en twee met welpie-rugby waar seuns die basiese beginsels aanleer. Jan Celliers neem deel aan 'n reeks aand wedstryde in Mei waar daar teen ander skole gespeel word.
Die ander spanne neem deel aan meer as en formaat van die spel vanaf Maart tot Julie. Daar is vriendskaplike wedstryde teen onafhanklike en staatskole ter voorbereiding vir die liga teen staatskole in wat op Woensdae in Mei maand plaasvind. Na afloop van die liga neem Jan Celliers ook deel aan die onafhanklike skole se feesdae waar tien man rugby op Saterdae gespeel word.
Die trots van Jan Celliers - die eerste span - speel in eiesoortige truie wat menige seun se droom is, dit is trouens nie ongewoon vir 'n eerste span speler om met sy trui te slaap nie.
Daar is volop geleenthede vir 'n meer ontspanne deelname en word daar jaarliks 'n pa/seun raakrugby dag gehou. Rugby vorm ook deel van die Interhuis kompetisie en word Totius en Marais teen mekaar geplaas in 'n junior en 'n senior span.
DRAG: Seuns oefen in ‘n groen kortbroek en groen skool rugby trui met ‘n goue kraag en kaalvoet. Vir wedstryde dra seuns ‘n wit kortbroek en groen wedstryd trui wat voorsien word. Die eerste span dra ‘n unieke wit trui met nommers en skoolwapen. Die vol groen Jan Celliers sweetpak met kouse en seilskoene word aangetrek voor die wedstryd.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
