Netbal
Jan Celliers is bekend vir 'n hoë standaard van afrigting en skeidsregting. Hierdie bekendheid spruit uit die jaarlikse onafhanklike skole Netbaldae vir A-spanne en B-spanne wat ten minste twee Saterdae in beslag neem. Verder word daar ook afrigtings kursusse vir skeidsregters aangebied. Die kies van 'n streek span word ook deur Jan Celliers gekoördineer.
Hierdie aspekte vloei dan ook deur na ons netbalspanne wat vanaf graad 1 deelneem in span verband. Die meisies is besonder vaardig en word daar hewig gekompeteer om eerstens in die span te wees en tweedens om opponente te klop. Die seisoen strek vanaf Maart tot in Junie. Die meeste meisies in Jan Celliers neem deel aan Netbal, sommige net om die jaarlikse toer mee te maak, vir die meisies is daar ook geleentheid om hul huis te verteenwoordig tydens die jaarlikse Interhuis dag
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
