Krieket
Word vanaf Januarie tot Maart en weer vanaf Oktober tot November gespeel. Ons begin reeds in graad een en twee met mini-krieket waar basiese tegniek aangeleer word, die spanne neem deel aan 'n georganiseerde liga waar weeklikse wedstryde teen ander skole gespeel word. Elke span word deur 'n eie afrigter vergesel, sodoende bou die spelers selfvertroue vir die speel van harde-bal krieket vanaf onder 9. Elke jaar groep het 'n eie span waar spelers se talente ontwikkel word. Die eerste span, die vlagskip van die sport speel in eiesoortige uniform en is dit inderdaad 'n eer en voorreg om Jan Celliers te verteenwoordig.
Jan Celliers speel gedurende die week in die Johannesburg Noord liga teen skole in die nabye omgewing en Saterdae teen onafhanklike skole. Die fokus is om alle spelers geleentheid te gee om te presteer en word daar twee keer per week geoefen by die skool wat net-oefening met boulmasjiene insluit.
Jan Celliers het twee puik grasblaaie waar die jonger spanne speel. Die senior spanne speel by Marks Park , 'n kort afstand van die skool af. Daar is 'n gewilde Interhuis kompetisie waar ouers langs die veld ontspan terwyl die seuns punte vir Totius of Marais insamel.
DRAG: Seuns oefen in ‘n wit kortbroek en wit kraag T-Hemp met lang wit kouse en wit seilskoene asook 'n groen pet of kriekethoed. Vir wedstryde dra seuns dieselfde wit kortbroek en wit kraag T-Hemp met lang wit kouse en wit seilskoene asook ‘n groen pet of kriekethoed.
| Ons is uniek en spesifiek! |
Adres: |
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg |
Posadres: |
Privaatsak X4, Parkview, 2122 |
Telefoon |
011 646-3336 / 011 486-1042 |
Faks: |
011 646-4203 |
E-Pos: |
