Skaak

1. Skaakafrigting
Metode van afrigting in die klasse :

  • Afrigting op die demonstrasiebord (werk skaakprobleme uit en analiseer groot meesterspelle).
  • Die leerlinge speel teen mekaar om in te oefen wat hulle geleer het.
  • Leer beginners hoe om skaak te speel.
  • Ons moedig leerlinge aan om tuis op Internet skaak te speel. Dit is ‘n baie belangrike aspek van moderne skaakafrigting. Alle grootmeesters gebruik vandag internetskaak omdat dit hul kennis verbreed en dit maklik is om die inligting te bekom by http://www.chessbase.com/
  • Tuis: Grootmeesterspelle kan ook op die internet besigtig word.
  • Die skaakafrigters help die spelers om hul skaak te verbeter en hul kennis by die huis toe te pas.

2. Die doel van skaak
Dit help :

  • om konsentrasievermoë te verbeter
  • om organisatoriese vaardighede te verbeter
  • om streshanteringsvaardighede aan te leer
  • om sosiale vaardighede te verbeter
  • om punte in wiskunde en wetenskap te verbeter

3. Skaaktoernooie

Leerlinge word aangemoedig om as individue vir skaaktoernooie in te skryf. Jan Celliers skakel by die Noordwes Rand Skaakvereniging in en ‘n kalender van al die toernooie vir 2008 kan  op http://www.gjca.co.za/ onder "North West Rand" gevind word.

4. Ligas

  • 1. Supper Club Skaakliga: Ons neem deel aan die vriendskaplike Supper Club Skaakliga teen ander privaatskole in Johannesburg wat ‘n heerlike aandete insluit.
  • 2. Noordwes Rand Laerskole liga: ons neem ook in die derde termyn deel aan hierdie liga gereël deur die Noordwes Rand Skaakvereniging waaraan staat- en privaatskole deelneem.

5. Afrigters

Corno Klaver   :   Het die 0/20-Nasionale Kampioenskappe gewen in 2000 en was by die wêreldkampioenskappe in 2001. Gekies as die nasionale afrigter vir die Junior Nasionale span na Georgia Batumi in 2006 en Vung Tau, Vietnam, in Oktober 2008. Gauteng A-span speler.

Anthony Longano : Gauteng A-span speler. Was bord een en vise-kaptein vir Gauteng 0/20-span. Was gekies vir die Suid-Afrika 0/16-span wat teen Engeland gespeel het in 1997.

Nicholas van der Nat
:  Verteenwoordig Suid-Afrika by die skaakspan Olimpiade in Italië, Turin  in 2006. Hy is ‘n Fide meester en Gauteng A-span speler.

6. Provinsiale en Nasionale Spelers

Franz Gmeiner  :  Gauteng-Wes 0/14 A-span speler
Neil Viviers :  Gauteng-Wes 0/14 A-span speler
Rynhard de Bruyn :  Gauteng-Wes 0/10 A-span speler
Inge Marx  :  Gauteng-Wes 0/10 C-span speler
Aleida de Bruyn :  Gauteng-Wes 0/10 C-span speler , SA spanspeler wat in Oktober 2008 in Viëtnam deelneem

7. Skaakprestasies 2008:

Neil Viviers
: 0/14 wenner van die Noordwes Rand Geslote skaaktoernooi

Rynhard de Bruyn:

  • Tweede 0/12 in die Early Bird skaaktoernooi aangebied deur Wes Rand
  • Hy is derde in die 0/12 afdeling van die Noordwes Rand Geslote skaaktoernooi.
  • Rynhard word as beste 0/10 speler in Gauteng-Wes aangewys vir sy prestasie tydens die Nasionale Junior Skaakkampioenskappe Desember 2007.

Inge Marx:

  • Tweede 0/10 in die Early Bird skaaktoernooi aangebied deur Wes Rand.
  • Wenner 0/10 afdeling van die Blairgowrie Ope skaaktoernooi.
  • Sy is derde in die 0/10 afdeling van die Noordwes Rand Geslote skaaktoernooi.

Aleida de Bruyn:

  • Sy is 'n afdelingswenner by die Cliffview Ope skaaktoernooi deurdat sy 6 uit 7 spelle wen.
  • Sy wen haar graderingsgroep in die Waterkloof Ope skaaktoernooi.
  • Aleida het die 0/10 dogtersafdeling van die SA Junior Geslote Skaaktoernooi in Rustenburg gewen en volle Suid Afrikaanse kleure ontvang. Sy is deel van die SA skaakspan wat in Oktober in Vung Tau, Viëtnam, aan die Jeug Wêreldspele gaan deelneem.

Filter 

Vertoon # 
# Artikel Titel
1 Skaak

Ons is uniek en spesifiek!
Adres:
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg
Posadres:   
Privaatsak X4, Parkview, 2122
Telefoon
011 646-3336 / 011 486-1042
Faks: 
011 646-4203
E-Pos: