Nuusflits

Akademiese beurs: Logan Geldenhuys verwerf 'n akademiese beurs van St John's.

 

 

Sportprestasies

Tweekamp
Nicolette van Heerden, Christiaan van Heerden en Michelle Botes verwerf elk 'n goue medalje en trofee tydens die jaarlikse Sentraal Gauteng tweekamp prysuitdeling.

Antoné Adlam verwerf 'n sertifikaat vir deelname aan die provinsiale kompetisie.

Amanda Roos verower tydens dieselfde prysuitdeling 'n trofee vir die dogter met die hoogste puntetelling tydens vanjaar se tweekampbyeenkomste op provinsiale vlak, asook 'n trofee vir die atleet wat gedurende die seisoen 'n merkwaardige bydra gelewer het met uitstaande sportmangees, integriteit, leierskap, deursettingsvermoë en vriendelikheid.

Krieket
Daniél Coetsee is na afloop van die area wedstryde genooi as deel van slegs 22 seuns om aan die Gauteng SA Noord O/11 finale proewe te gaan deelneem.
Lex Slabbert en Wim Burger is na afloop van die area wedstryde gekies om aan die Gauteng Noord streeksproewe te gaan deelneem.

Krieket
Baie geluk aan die volgende seuns wat verkies is tot die Johannesburg Noord Area Krieketspanne:
0/8 : Charl Morgan, James Clarke, Jean-Pierre Coetzee en Marno Griessel
0/9 : Divan Slabbert, Albert von Moltke en Francois Scholtz
0/10 : Hugh Morgan, Ben Clarke, Deon Joubert, Hanno de Wet en Marius Kearney
0/11 : Lex Slabbert, Wim Burger en Daniél Coetsee

Gimnastiek
Baie geluk aan Danielle Knox en Antoné Adlam wat beide gekies is om Sentraal Gauteng te verteenwoordig by die Gauteng Provinsiale Kompetisie

Tweekamp
Nicolette van Heerden, Amanda Roos en Christiaan van Heerden het provinsiale kleure verwerf tydens die SA Kampioenskappe vir die Sentraal Gautengspan. Michelle Botes is no. 1 in die 0/11 ouderdomsgroep. Antoné Adlam het ‘n sertifikaat ontvang vir haar deelname aan die SA Kampioenskappe vir die Sentraal Gautengspan. 

Swem
Janine Hoy het voorverlede naweek aan die vlak 3 SA Nasionale Klubkampioenskappe in Sasolburg deelgeneem.  Sy het 'n silwer medalje asook 2 vyfde plekke en 'n sewende plek behaal.

Elke van der Walt het verlede naweek in Oos-Londen aan die vlak 2 Nasionale Klubkampioenskappe deelgeneem. 

Frances van der Walt, Tyla Fleischer en Miguel en Nicola Corado swem volgende naweek in die vlak 1 Nasionale Klubkampioenskappe in Germiston

Atletiek
Hyla Fourie, Tertius Venter, Christiaan van Rensburg en Amanda Roos is gekies vir die D10 Distrikspan wat op 27 Februarie aan die Gauteng kampioenskappe by die Johannesburg stadion gaan deelneem.

Swem
Miguel Corado en Janine Hoy is beide gekies vir die Gauteng provinsiale swemspan wat op 6 en 7 Maart aan die SA swemkampioenskappe in Germiston gaan deelneem. Dit is 6e agtereenvolgende jaar dat Janine vir die S A kampioenskappe kwalifiseer.

Elke van der Walt behaal 2 goue-, 1 silwer- en 2 bronsmedaljes tydens die Vlak 2 Gauteng klubkampioenskappe.

Ons is uniek en spesifiek!
Adres:
Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg
Posadres:   
Privaatsak X4, Parkview, 2122
Telefoon
011 646-3336 / 011 486-1042
Faks: 
011 646-4203
E-Pos: