Speelskool
Roetine, Nasorg & Personeel
BOODSKAP VAN DIE Departementshoof
JAN CELLIERS Speelskool – waar kleuters emosioneel en fisies liefdevol versorg word, met die klem op sosialisering. Spelenderwys verbeter hul taal, begrip, waagmoed en die vermoë om te deel.
- Mev Ilde Lubbe, Departementshoof Speelskool.
Tans is daar drie klasse met peuters en kleuters tussen die ouderdom van 18 maande en drie jaar.
Klasse het 'n onderwyseres en twee assistente.
Hier word ook temas behandel deur middel van skeppende aktiwiteite, fynmotoriese ontwikkeling , beweging en sang.
Roetine en Struktuur
Die daaglikse roetine behels die volgende:
07:40 – 08:15
Aankoms, vryspel en opruim
08:15 – 08:30
Bordjie warm pap – deur die skool verskaf
08:30 – 09:30
Dagprogram – sang, stories, vaardigheidsontwikkeling en kreatiwiteit
09:30 – 10:45
Buitespel
11:00
Etenstyd (eie kospakkie)
11:30 – 13:00
Storietyd/rustyd/vryspel
13:00 – 13:30
Afhaal
Nasorg
Peuters en kleuters wat nie teen 13:30 afgehaal is nie, skakel by nasorg in.
Register word geneem en daarna nuttig kleuters 'n gebalanseerde seisoengepaste middagete.
Die middagprogram is informeel gestruktureerd, maar gee steeds aan die ontwikkelingsmylpale aandag.
Dit behels onder andere buitespel, ontdekkingsaktiwiteite, waterspel (in die warmer maande), stories en musiekbloodstelling.
Ligte versnaperings word omstreeks 16:00 genuttig gevolg deur vryspel tot 17:30. BELANGRIK: Ouers moet asb. Streng by afhaal tye hou, aangesien kleuters kan nie na hierdie tyd geakommodeer word nie.
Speelskool Personeel
-
Pienkvoetjies
(Jonger groep) -
Mev. Ilde Lubbe
-
Me. Bongi Ndlovu
-
Me. Rebecca Radebe
-
Pikkies
(Middelgroep) -
Me. Thabiso Matseke
-
Me. Hannah Senne
-
Me. Chenique Els
-
Knikkies
(Ouer groep) -
Me. Natania Spangenberg
-
Me. Macy Metswamere
-
Me. Charity Ramaru