JAN CELLIERS se swemmers vaar uitstekend tydens swembyeenkomste, sowel as op provinsiale vlak.
Swem vind plaas in Februarie tot Maart en dan weer in Oktober en November.
Ons begin met 'n Interhuis-gala waar gefokus word op massadeelname.
Jan Celliers neem op Vrydae aan die georganiseerde swemgalas van die onafhanklike skole deel.
Drag: Groen swemdrag soos deur ons verskaffers voorsien, geel swempette en swembrille is verpligtend. Daarby word groen sportbroeke en wit gholfhemde gedra.