Speelskool

Roetine, Nasorg & Personeel

 
 
 


BOODSKAP VAN DIE Departementshoof

JAN CELLIERS Speelskool – waar kleuters emosioneel en fisies liefdevol versorg word, met die klem op sosialisering. Spelenderwys verbeter hul taal, begrip, waagmoed en die vermoë om te deel.

- Mev Ilde Lubbe, Departementshoof Speelskool.


  • Tans is daar drie klasse met peuters en kleuters tussen die ouderdom van 18 maande en drie jaar.

  • Klasse het 'n onderwyseres en twee assistente.

  • Hier word ook temas behandel deur middel van skeppende aktiwiteite, fynmotoriese ontwikkeling , beweging en sang.

 
 
 

Roetine en Struktuur

Die daaglikse roetine behels die volgende:

07:40 – 08:15
Aankoms, vryspel en opruim

08:15 – 08:30
Bordjie warm pap – deur die skool verskaf

08:30 – 09:30
Dagprogram – sang, stories, vaardigheidsontwikkeling en kreatiwiteit

09:30 – 10:45
Buitespel

11:00
Etenstyd (eie kospakkie)

11:30 – 13:00
Storietyd/rustyd/vryspel

13:00 – 13:30
Afhaal

Nasorg

Peuters en kleuters wat nie teen 13:30 afgehaal is nie, skakel by nasorg in.

  • Register word geneem en daarna nuttig kleuters 'n gebalanseerde seisoengepaste middagete.

  • Die middagprogram is informeel gestruktureerd, maar gee steeds aan die ontwikkelingsmylpale aandag.

  • Dit behels onder andere buitespel, ontdekkingsaktiwiteite, waterspel (in die warmer maande), stories en musiekbloodstelling.

  • Ligte versnaperings word omstreeks 16:00 genuttig gevolg deur vryspel tot 17:30. BELANGRIK: Ouers moet asb. Streng by afhaal tye hou, aangesien kleuters kan nie na hierdie tyd geakommodeer word nie.

 

Speelskool Personeel

  • Pienkvoetjies
    (Jonger groep)

  • Mev. Ilde Lubbe

  • Me. Bongi Ndlovu

  • Me. Rebecca Radebe

  • Pikkies
    (Middelgroep)

  • Me. Thabiso Matseke

  • Me. Hannah Senne

  • Me. Chenique Els

  • Knikkies
    (Ouer groep)

  • Me. Natania Spangenberg

  • Me. Macy Metswamere

  • Me. Charity Ramaru