Preprimêr

Aktiwiteite

 
 
 

Buitekurrikulêre-aktiwiteite

Buitemuurse aktiwiteite wat gedurende ons oggend-program aangebied word, vir die graad 000-, 00- en graad 0-kleuters sluit die volgende in:


Graad 000

  • Ballet

  • Playball

Graad 00

  • Ballet

  • Playball

  • Judo

  • Spraak en drama

  • Tumbling Tigerz

Graad 0

  • Ballet

  • Playball

  • Judo

  • Spraak en drama

  • Tumbling Tigerz

  • Lego

 
 

LW:  Skaak word vir al die graad 0-kleuters as klasaktiwiteit aangebied.

Slegs 1 aktiwiteit per kleuter. 

LW:  Dit is nie verpligtend dat u kleuter by enige van die aktiwiteite moet inskakel nie.

 
 

 
 

Graad 0

Die week se program behels onder meer

  • professionele skaak afrigting

  • onderrig in musiek

  • rekenaarvaardigheid en grondbeginsels van kodering

Graad 0-maats word ook ingesluit by interhuis swem en atletiek en daar os opsioneel deelneem aan mini-netbal en rugby.

 
 

 
 

Leeskultuur

Kleuters word reeds van jongs af aan die leeskultuur by Jan Celliers blootgestel.

Klasse besoek tweeweekliks die mediasentrum om boeke uit te neem. Ouers word aangemoedig om in die middae hul kinders na die mediasentrum te neem om self boekies uit te neem. Dit is ook belangrik om vir hulle te leer hoe om deur boeke te blaai en dit op te pas.

 

 
 

Leefstyl en Pretdae

 
 
 

ATLETIEK & KENMEKAAR

Die groot JAN CELLIERS-familie ontmoet mekaar op 'n baie prettige wyse wanneer kleuters ‘n pret-atletiekdag by die skool het en ma en pa ook sommer die ander ouers bietjie daag vir ‘n resies. Teen die tyd dat al die kleuters moeg gehardloop is, is die worsbroodjies gereed en almal kuier gesellig in die kloktuin en leer mekaar beter ken

OUPA- EN OUMADAG

Preprimêr en die Speelskool is eerste aan die beurt op hierdie spesiale dag net vir grootouers. Vroegoggend word daar in en om die kleuters se klasse gekuier en foto’s geneem. Daarna vermaak kleuters groepsgewys grootouers met kwinkslae en sang in die saal. Verversings word deurentyd bedien en teen omstreeks 10:00 kom die laerskool aan die beurt.

HERFSLOOP

Jaarliks geniet die hele familie die Herfsloop. Kleuters stap fluks ‘n roete en verwerf ‘n medalje na floop van die geleentheid. Daarna is dit kermistyd met baie pret vir oud en jonk. Die feestelike karnaval gevoel maak hierdie pret familie-dag vir ons Jan Celliers-ouers 'n onvergeetlike inskrywing op die jaarlikse kalender.

KERSSPEL

Die jaarlikse Kersspel sluit die jaar op 'n baie besondere wyse af. Al die kleuters neem deel en bring op hulle spontane, onskuldige manier die Kersboodskap met sang en Bybelvertellings aan die gehoor.