Jan Celliers

Ondersteuningsdienste

 

Jan Celliers is in die bevoorregte posisie om verskeie terapeute en ander ondersteuningsdienste op ons kampus aan die ouers, leerlinge en personeel te bied.


 

Arbeidsterapeute

Me. Charlene Cruickshank

Me. Cruickshank werk op die perseel en besoek die skool wanneer nodig.


Fisioterapeut

Mnr. Tiaan Moolman: physiotiaan@gmail.com

Mnr. Moolman werk op die perseel en besoek die skool wanneer nodig.


Leesprogram & Leessentrum

Hierdie rekenaargesteunde program word gebruik vir graad 2 tot 4 leerlinge.
Die program bied onderrig aan hierdie ouderdomsgroepe met dienooreenkomstige vlakke van aanbieding.
Die leerling se vordering kan volgens die rekenaarresultaat waargeneem word.


Mediese dokter

Dr. Michelle Weyers

Dr. Weyers sal op die volgende dae beskikbaar wees:
Maandae en Woensdae vanaf 07:15 – 15:30
Dinsdae en Donderdae by haar praktyk in Randpark
Vrydae vanaf 07:15 – 14:30

Afsprake kan gemaak word by die vlg link: drmichelleweyers.setmore.com


Opvoedkundige sielkundige

Me. Carien Human

Mev Carien Human is met ingang 1 Julie 2017 as die nuwe sielkundige by Jan Celliers aangestel. Mev Human is die eienaar van die sielkundige praktyk by Therapeace in Linden en sy is drie dae per week by Jan Celliers werksaam.


Remediëring

Word in klasverband gedoen en leerlinge met leerprobleme word verwys na terapeute wat op die skoolgronde werk. Die voordeel vir leerlinge en hul ouers, is dat leerlinge gedurende skooltyd terapie ontvang.

Terapeute se fooie kan van mediese fondse verhaal word.

Kleiner probleme word indiwidueel uitgesorteer en leerlinge kan tydens Aktiwiteitsperiodes hul onderskeie onderwysers gaan spreek.


Spelterapeut

Me. Ilze Norden

Me. Norden werk op die perseel en besoek die skool na gelang van die aanvraag.


Spraakterapeut

Me. Mignon Botes

Me. Botes werk op die perseel en besoek die skool na gelang van die aanvraag.


Verwysings na sielkundiges

Trauma, konflik binne gesinsverband, e.d.m. word ook na buite-spesialiste verwys. Die skoolsekretaresses beskik oor die nodige inligting.