Laerskool

Skoolsport

 
 

JAN CELLIERS handhaaf 'n gesonde sportkultuur, gekenmerk deur entoesiasme, positiewe deelname, spangees en provinsiale en nasionale prestasies.


 

Atletiek

JAN CELLIERS se atlete behaal deur harde werk en dissipline groot sukses op die atletiekbaan.

  • Atletiek word vanaf Januarie tot einde Februarie beoefen.

  • Jan Celliers neem aan die D10 byeenkomste deel om te kwalifiseer vir deelname aan Gauteng en SA kampioenskappe.

Drag: Seuns en dogters dra groen kortbroeke en groen atletiekhemde.

 

Swem

JAN CELLIERS se swemmers vaar uitstekend tydens swembyeenkomste, sowel as op provinsiale vlak.

  • Swem vind plaas in Februarie tot Maart en dan weer in Oktober en November.

  • Ons begin met 'n Interhuis-gala waar gefokus word op massadeelname.

  • Jan Celliers neem op Vrydae aan die georganiseerde swemgalas van die onafhanklike skole deel.

Drag: Groen swemdrag soos deur ons verskaffers voorsien, geel swempette en swembrille is verpligtend. Daarby word groen sportbroeke en wit gholfhemde gedra.

 

Netbal

JAN CELLIERS se netbal bied aan ons dogters die geleentheid om binne spanverband vaardighede aan te leer sodat elkeen hul volle potensiaal op die sportveld kan bereik.

  • JAN CELLIERS is bekend vir sy hoë standaard van afrigting en skeidsregters.

  • Daar word gepoog om 'n onderwyser/afrigter vir elke ouderdomsgroep se A en B spanne te hê.

  • Die C en D span spelers word deur vaardige studente afgerig, waar daar op balvaardighede gekonsentreer word.

  • Die seisoen strek vanaf Maart tot in Junie.

Drag: Ons eerste netbalspan speel wedstryde in 'n spesiaal ontwerpte netbaluitrusting. Alle ander ouderdomsgroepe se dogters dra die netbalrompie met 'n wit t-hemp en die groen JAN CELLIERS sweetpak.

 

Landloop

JAN CELLIERS vaar uitstekend in landloop en van ons atlete neem gereeld op provinsiale vlak deel.

  • Landloop strek vanaf Mei tot Julie.

  • Ons oefen hard vir deelname aan die Onafhanklike Skole se liga.

  • JAN CELLIERS bied een liga-byeenkoms per jaar aan waaraan tot meer as 300 atlete deelneem.

  • JAN CELLIERS bied ons landloopatlete die geleentheid om vrywillig aan die openbare skole se landloop-liga deel te neem wat gedurende ons Augustus skoolvakansie plaasvind.

  • 'n Interhuis-landloopbyeenkoms word jaarliks gehou waar bykans elke leerling ‘n punt vir sy of haar span aanteken.

Drag: Tydens byeenkomste dra seuns en dogters die groen broek en atletiekhemp met tekkies. Die Jan Celliers sweetpak word voor en na wedlope aangetrek.

 

Rugby

JAN CELLIERS gee groot aandag aan die skep van goeie sportmangees en deursettingsvermoë tydens rugbyafrigting. Ons ontwikkel elke speler om sy volle potensiaal te bereik.

  • JAN CELLIERS begin in graad 1 en 2 met Tau-rugby waar seuns die basiese beginsels aanleer.

  • Die ander spanne neem vanaf Maart tot Julie aan meer as een formaat van die spel deel.

  • Elke span het 'n gekwalifiseerde onderwyser-afrigter, sowel as jong energieke mans-studente wat bystaan met die ontwikkeling van tegniek.

  • Daar is vriendskaplike wedstryde teen onafhanklike- en staatskole ter voorbereiding vir die liga.

  • Wedstryde vind in Juniemaand plaas.

Drag: Ons eerste span speel in eiesoortige truie. Vir wedstryde dra seuns 'n wit kortbroek en groen wedstrydtrui.

 

Hokkie

Positiewe spangees is kenmerkend aan JAN CELLIERS se hokkieseisoen.

  • JAN CELLIERS bied mini-hokkie, asook 'n junior afdeling en senior afdeling vir beide seuns en meisies aan.

  • Hokkie word aangebied tussen Junie en Julie.

Drag: Seuns dra groen kortbroeke en wit gholf hemde. Dogters dra netbalrompies en wit gholf hemde.

 

Krieket

Deur middel van uitstekende afrigting en positiewe deelname groei ons krieket jaar na jaar.

  • Ons begin reeds in Graad 1 en 2 met mini-krieket waar basiese tegnieke aangeleer word.

  • Spanne neem deel aan 'n georganiseerde Johannesburg Noord-Wes liga.

  • Wedstryde vind weekliks teen ander skole plaas.

  • Elke span word deur 'n afrigter vergesel 

  • Leerlinge speel hardebal krieket vanaf onder-nege.

  • Verskeie van ons seuns speel vir die Johannesburg Noord Area spanne.

  • Die seisoen strek vanaf September tot November.

Drag: 'n Wit kortbroek en wit gholf hemde met lang wit kouse en wit seilskoene asook 'n groen pet of kriekethoed en skoolbaadjie.

 

Tennis

JAN CELLIERS beskik oor 'n hoogsgekwalifiseerde tennisafrigter wat dwarsdeur die jaar tennis aanbied. Ons tennisspelers behaal provinsiale en nasionale sukses.

  • Die skool gebruik die Parkwood tennisklub en in samewerking met ons professionele afrigter neem ons spelers aan vele wedstryde en ligas deel.

  • JAN CELLIERS bied ook ter voorbereiding mini-tennis vir Graad 1 en 2 leerlinge aan.

 

Skaak

JAN CELLIERS het homself as 'n skaakskool van uitmuntendheid gevestig. Leerlinge word gereeld genooi na nasionale skaakkampioenskappe waar ons spelers uitstekend vaar en dikwels aangewys word as nasionale skaakkampioene in hulle ouderdomsgroepe.

  • Ons skryf ons sukses toe aan die feit dat ons reeds in Graad 0 formeel skaak begin afrig en hier potensiaal identifiseer.

  • Dinsdagmiddae is daar afrigting deur baie bekwame en ervare skaakspelers.

  • Sukses word ook toegeskryf aan ons toegewyde ouers wat hul kinders gereeld inskryf vir toernooie en dan ook die waarde van afrigting besef.

  • Ons neem ook jaarliks aan die streeksliga deel en aan die interskole Supperclub wat die privaatskole betrek.

Drag: Spelers neem in skoolklere deel.

 

Buiteskoolsport

Daar word erkenning gegee aan buitepresteerders tydens saal opening op Maandae indien daar 'n 1ste, 2de of 3de plek behaal is. Die prestasie word dan ook so deurgegee in die weeklikse omsendbrief. 'n Meriete sertifikaat en balkie word slegs gegee aan leerlinge wat provinsiale kleure verwerf het.