PrePrimêr

Nasorg

 
 
 

Kleuters wat nie teen 13:30 afgehaal is nie, skakel by nasorg in.

  • Register word geneem en daarna nuttig kleuters 'n gebalanseerde seisoengepaste middagete.

  • Kleuters dek tafel met eetgerei soos deur die spyskaart bepaal en nadat 'n kleuter gedank het, deel die helpertjies van die dag die middagmaal uit.

  • Die middag-program is minder formeel gestruktureerd, maar gee steeds aan die ontwikkelingsmylpale aandag. Dit behels onder andere buitespel, kreatiewe en skeppende aktiwiteite, ontdekkingsaktiwiteite, waterspel, stories en musiek blootstelling.

  • Ligte versnaperings word omstreeks 16:00 genuttig gevolg deur vryspel tot 17:30. BELANGRIK: Ouers moet asb. streng by afhaal tye hou, aangesien kleuters nie geakkommodeer kan word, na hierdie tyd.