Jan Celliers

Ons Skool

BOODSKAP VAN DIE HOOF

Goeiedag Ouers,

Die Laerskool JAN CELLIERS – die skool waar elke kind spesiaal is – het meer as net ‘n trotse verlede, want ons staan vir ‘n ideaal. ‘n Ideaal om binne ‘n gebalanseerde, Afrikaanse skoolmilieu ruimte te bied vir elke unieke kind om sy/haar moontlikhede ten volle te ontwikkel. Daar word gestreef om die kosbaarste kleinood wat God in Sy skeppingsplan aan ons toevertrou het, as volwaardig toegeruste, afgeronde en gelukkige jongmense na die hoërskole van hul keuse te stuur.

Graag verwelkom ek u byvoorbaat by Laerskool JAN CELLIERS en verseker ek u dat u kind hier sy/haar mooiste en gelukkigste jare sal deurbring.

Ons streef na uitnemendheid.
Mev. Sanet Smit - Skoolhoof

ons skool

Geskiedenis

ons skool

Boustene


WAARDEGEDREWE ONDERWYS

JAN CELLIERS Laerskool, Preprimêr en Speelskool is verbind tot waardegedrewe onderwys.

Ons het vier kernwaardes geïdentifiseer wat aan alle fasette van skoollewe by JAN CELLIERS gekoppel is.

Daar word verwag dat elke kind, ouer, onderwyser en rolspeler hierdie waardes as boustene sal erken en dit onderhou, uitbou en uitleef:

  • Respek

  • Integriteit

  • Betrokkenheid

  • Selfdissipline


MOEDERTAALONDERRIG

'n Groep Afrikaanse ouers het sedert 1933 die droom gekoester om moedertaalopvoeding te verseker.
JAN CELLIERS bou voort as 'n baken van hoop en groei in die Afrikaanse gemeenskap. Afrikaanse onderrig vind binne 'n normgedrewe en gedissiplineerde skoolmilieu plaas.

AFRIKAANSE DAG

Tydens Afrikaanse Dag beklemtoon ons JAN CELLIERS se Afrikaanse kultuurerfenis, taal, digkuns, prosa, kookkuns en volkshelde.

STORIE-AAND

Stories en boeke word vir leerlinge lewendig en aanloklik gemaak deur die prettige Storie-aande.

LEESUITDAGING

Leerlinge wys graag wat hul gelees het en word aangemoedig om dit neer te skryf. Ons besef by JAN CELLIERS die waarde van vlot lees en die vestiging van 'n leeskultuur. Leerlinge word blootgestel aan die beste kinderboeke op die mark, in beide Afrikaans en Engels.

‘Die behoefte aan 'n storie lê diep in ons almal’
- Audrey Blignaut.


CHRISTELIKE WAARDES

By JAN CELLIERS word ons waardesisteem deur Christelike beginsels onderlê en ons streef daarna om Christelike norme en waardes te handhaaf.

Godsdienstige oortuigings is 'n belangrike bron van ons identiteit, waardes en lewensbeskouing. Ons glo in die krag van 'n gemeenskap van gelowiges wat bestaan uit elke kind, personeellid, ouer en bestuurslid van ons skool.


VERRYKING

JAN CELLIERS streef na uitnemendheid en verryking is deel van die interne skoolkultuur.

  • Musiekteorie en musiekwaardering vorm deel van die klasmusiekprogram.

  • Musiek as vak, met 'n keuse van verskeie instrumente, word binne skoolure aangebied.

  • Skaak word as verpligte vak in Graad 0 en 1 aangebied.

  • Verskeie keuses van verrykende aktiwiteite, o.a. Frans, Lego-klub, Drama, Handvaardighede, Skaak, Tegnoklub, Jong Entrepreneurs en Eksperi-maatjies word tydens aktiwiteitsperiodes aangebied.

  • Zoeloe word as kommunikatiewe derde taal aangebied.

  • Alle leerlinge word weekliks aan ons uitstekende rekenaarleesprogram blootgestel.

  • Die voortdurende ontwikkeling van leerlinge d.m.v. vasvrageleenthede, redenaars aande en ander publieke optredes.


PRESTASIE

'n Strewe na sukses vorm deel van die interne skoolklimaat en daar bestaan 'n gesonde kultuur van prestasie in JAN CELLIERS.

  • Graad 7-leerlinge verwerf jaarliks beurse by talle top privaat hoërskole van hul keuse.

  • Leerlinge word blootgestel aan besondere uitdagings deur voortdurend met ander onafhanklike skole kragte te meet.

  • Prestasies en vordering van oudskoliere word voortdurend gemonitor en erken.

  • Gereelde deelname aan Olimpiades en Standaardiseringseksamens op nasionale- en internasionale vlak.

ons skool

Fasiliteite

Rekenaarsentrum


Twee ten volle toegeruste rekenaarsentrums word daagliks benut. Verskeie rekenaarprogramme word gebruik om leerlinge bloot te stel aan die nuutste tegnologie en enige aktuele materiaal.

Leerlinge van Graad 0 tot 7 kry tydens Rekenaar periodes blootstelling om hul basiese rekenaarvaardighede tot 'n gevorderde vlak uit te bou. Daarmee saam kry leerlinge ook die grondslag blootstelling tot kodering en programmering. Hierdie waardevolle inligting en tegnieke word verder verskerp tydens aktiwiteit periodes waartydens leerlinge kan deelneem aan aanbiedinge soos iPad Genius en Robotika.

Wêreldklas rekenaarprogramme word hiervoor aangewend en ons personeel is voortdurend besig om relevante leermateriaal in te win en oor te dra aan ons leerlinge om te verseker dat hulle tred hou met die ewige en snel veranderende wêreld van tegnologie.

 

Mediasentrum

Lees en navorsing vorm in die kern van die leerproses by JAN CELLIERS. Ons goed toegeruste biblioteek kweek 'n liefde vir lees vanaf 'n vroeë ouderdom. Die besondere leeskultuur van Jan Celliers word verder uitgebrei met:

  • Storie-aande.

  • Fantasiedag waar leerlinge 'n karakter in 'n boek voorstel.

  • Kwartaallikse leesuitdagings.

 

Kultuur- en Musieksentrum

Die Barbara Pretorius Konsertsaal word in Junie 2015 in gebruik geneem. Hierdie ultra moderne lokaal is geskik vir musiekkonserte, drama-aande asook kunsuitstallings. Ons moderne kultuursentrum bevat klankdigte musiekkamers waar individuele musiek onderrig plaasvind. Daar is ook groter klaskamers waar klasmusiek en ensembles aangebied word.

 

Skool Swembad

Dit is vir ons uiters belangrik om 'n kultuur van water-veiligheid by die skool te skep. Ons doelwit om ons eie swembad op ons perseel aan te skaf het gerealiseer, en Adv. Altus Joubert (voorsitter van die raad) het die swembad amptelik geopen tydens 'n glans geleentheid in 2017. Sedertdien, leer al ons leerlinge swem tydens LO periodes, vir leerlinge van Graad 0 tot 7. Die swemskool Aquatribe behartig die swemafrigting in samewerking met ons sportpersoneel. JAN CELLIERS swemspan gaan net van krag tot krag.