Ons Mense

Dagbestuur

  • Jan Celliers Laerskool en Preprimêr Nuwe skoolhoof September 2022

    Mev. Sanet Smit
    Hoof

    H.O.D. Pre- en Junior Primêr, UNISA OBE Dip (Cum Laude), B.A. Opvoedkundige Sielkunde (Cum Laude), B.A.Ed Honn (Cum Laude), MA Sielkunde (Spelterapie)

  • Me. Karen Swanepoel
    Adjunkhoof: Akademie
    B.A.Ed (Afr. Ndl. III, Geskiedenis III), B.A. Honn, MA Bestuur Cum Laude

  • Me. Lientjie Reitz
    Adjunkhoof: Kultuur
    B Mus (Ed), Gr 8 Klavier 
(Unisa & Royal Schools), Gr VI Teorie (UNISA), Onderwysvakke: Klasmusiek, Klavier, Teorie en Koorleiding

  • Mnr. Quintin Swanepoel

    Adjunkhoof: Sport

    Liggaamsopvoeding

    B.Ed. (Senior fase)

  • Me. Belinda Valkenburg
    Adjunkhoof: Preprimêr

    H.O.D. Pre- en Junior Primêr

  • Me. Elna Fryer
    Departementshoof: Junior Primêr
    H.O.D. (Pre- en Junior Primêr), Unisa OBE Dip, Unisa Dip – Probleemgedrag by kinders

  • Me. Ronell Pretorius
    Departementshoof: Senior Primêr

    Wiskunde: Vakhoof
    H.O.D., B.Ed Honn. 
(Onderrig en Leer met Wisk.)

  • Me. Hettie du Plessis
    Afrikaans: Vakhoof
    B Prim Ed (Ortodidaktiek), B Ed Honn. Psigologie (Afr Ndl, Eng, Gesk)

  • Ms. Carol Kersten
    Engels: Vakhoof

  • Mnr. Fred van Zyl
    Departementshoof: Media, Rekenaaronderrig & Zoeloe
    H.O.D., B.A., B.Ed. Honn. 
(Onderwysbestuur)

Oor Ons Mense

Skoolraad

 

Vir elke kind van JAN CELLIERS sê ek met entoesiasme - deins nie van uitdagings terug nie, maar hardloop hulle eerder tegemoet; gee vleuels aan jou ambisies en aan jou drome; dien jou land en sy mense; wees trots op jou taal en kultuur en vereer die goeie uit die verlede; skud geestesarmoede af en stry ongenaakbaar teen onkunde; streef uitnemendheid na; omhels die lewe en stry teen swartgalligheid; sê onreg en vooroordeel die stryd aan en streef met fokus en energie die goeie na.

- Adv. Altus Joubert, Voorsitter van die Raad

Ons Mense

Ons Leerlinge

  • Na 13 jaar met kinders in Jan Celliers, kan ek met sekerheid sê dat ek geen ander skool sou verkies het vir my 3 kinders nie. Jan Celliers het hulle die vermoë en selfvertroue geleer om vir hulleself te dink, probleme op te los en lewenslange vriende te maak. Die skool het ‘n plekkie vir elkeen – of jou kind ‘n boekwurm is, of ‘n sportster.

    Suzanne Kirstein (huidige ouer, ander kinders tans in Helpmekaar gr. 10 & 12)

  • Jan Celliers is meer as ’n skool, dit is ’n gemeenskap. Vriende wat jy op Jan Celliers maak is vriende tot op hoërskool en selfs universiteit. Ons is dankbaar vir die wonderlike jare op Jan Celliers, die top onderwysers, die lekker kampe en uitstappies en dat jy kon kans kry om aan alles deel te neem. Jan Celliers bied werklik vir almal ’n plek en help jou op jou verdere ‘journey’.

    Beth en Helen-Grace Grosskopf (oud-leerlinge)

  • Jan Celliers is die plek waar ek vir die eerste keer blootgestel is aan die waarde van goeie werksetiek. Dié blootstelling, vanaf so ’n jong ouderdom, het gemaak dat die uitdagings wat gekom het met die tempo en volume van werk in hoërskool, nie ’n probleem was nie, en ek dit inteendeel baie kon geniet het. By Jan Celliers het ek geleer wat dit is om ’n balans te hê. ’n Balans wat gekenmerk is deur kultuur, sport en akademie van ’n hoë gehalte. Dié basis sal ek vir niks verruil nie.

    Tineke Swanepoel (Oud-leerling)

  • Jan Celliers het vir my ʼn ongelooflike platform geskep vanwaar ek my vlerke kon sprei toe ek my hoërskoolloopbaan by Helpmekaar begin het om nog hoër hoogtes ook daar te kon bereik. Die waardes en werksetiek wat ek by Jan Celliers geleer het, is vaardighede van onskatbare waarde, wat ek saam met my sal dra vir die res van my lewe.

    Micaela Staal, Hoofdogter 2017

  • My seun is baie gelukkig in hierdie wonderlike skool.

    Karen Fourie (Oud-ouer)

  • Briljante personeel, pragtige perseel en 'n uitstekende skool!

    Lorna Kwint

  • My kinders is dolgelukkig! Die onderwysers en kwaliteit van onderrig is in ‘n ander klas. Ek het dit opnuut besef tydens die huidige Grendel tydperk. Toegewyde, hardwerkende onderwysers.

    Tharina Bennie-van Dyk

  • Pragtige skool met 'n kleurryke geskiedenis en trotse tradisies. Die skoolterrein is besonder goed onderhou en die leeringe lyk altyd gelukkig.

    Martin Spangenberg

  • Jan Celliers is ’n uiters bevoorregte skool, met al die beste hulpbronne – sport, wetenskap, tegnologie, skaak, drama – noem maar op. Dit is egter ook ’n skool met ’n sosiale gewete en ’n hegte gemeenskap – ’n skool waarop ons werklik trots is.

    Lindie Koorts (Huidige ouer)

HOOFLEIERS 2024

Leiers het 'n diens-, kommunikasie- en gesagsfunksie.

Die dagbestuur bestaan uit twee hoofleiers en twee onderhoofleiers. Die leiers word in die volgende vier rade ingedeel: 

Sport-; Kultuur- en Aktuele sake en Sosiale raad.

  • JAN se SPAN vir 2024

    Die leiersinhuldiging was 'n aand vol inspirasie en positiwiteit. Die nuwe leiers vir 2024 is aangekondig. Hulle is 'n besondere groep leerders wat slaggereed is vir al die nuwe avonture wat die jaar vir hulle inhou.

  • Hoofdogter: Nina van der Nest

    Hoofseun: Johannes van der Plas

  • Onderhoofdogter: Lili Bouwer

    Onderhoofseun: Karel Jan Doyer

  • Voorsitter Kultuurraad: Elrie Moolman

    Voorsitter Sportraad: Zander Laubscher

    Voorsitter Aktuele Sake: Elle Miller

    Voorsitter Sosiale Raad: John van der Walt

Oudleerlinge sprei hul vlerke …
en vlieg hoog!

Ons oud-skoliere van 2017 het uitstekend in verlede jaar se matriekeindeksamen presteer. Van die 49 oud-Leerlinge wat die graad 12-eksamen afgelê het, is daar 189 onderskeidings behaal. Ggemiddeld 3.9 per leerling. Al ons oudleerlinge slaag met universiteitsvrystelling.

Matriekuitslae klas van 2022