Laerskool

Kultuur

 
 

Ons moderne Barbara Pretorius Konsertsaal is geskik vir musiekkonserte, drama-aande asook kunsuitstallings.  Die kultuursentrum bevat klankdigte musiekkamers waar individuele musiek onderrig plaasvind. Daar is ook groter klaskamers waar klasmusiek en ensembles aangebied word.

In ooreenstemming met die skool se leuse, streef ons na uitnemendheid. Die sentrum is 'n indrukwekkende bewys van die skool se verbintenis om uitstaande, holistiese onderwys te verskaf. Ná die privatisering in 1993 het die skool op kultuurfront gefloreer onder leiding van destydse skoolhoof mev Barbara Pretorius. Mev Pretorius het 'n liefde en waardering vir die kunste by die personeel en leerlinge ingeboesem en dit was haar passie en dié van die skoolraad wat gelei het tot die ontwikkeling van die wêreldklas kultuursentrum. Die kunste het steeds gedy by Jan Celliers onder leiding van die skoolhoofde, mnr Gerhard Keyter en mev. Sanet Smit gebly, wat die tradiesies laat voortleef.

Die kultuursentrum is ontwikkel uit 'n groot ou huis op 'n eiendom langs die oorspronklike skoolgebou, wat self dateer uit die laat 1930's. Dit bestaan ​​uit twee verdiepings musiekklaskamers wat aan die ruim kunsklas en die pragtige, kontemporêre Barbara Pretorius-konsertsaal grens. Die groter musieklokale op die onderste verdieping is om groepe kinders te akkommodeer vir weeklikse klasmusieklesse. Op die boonste vloer is talle kleiner, klankdigte ateljees vir individuele onderrig in verskeie instrumente, soos klavier, klawerbord, blokfluit, viool, tjello, fluit en fife, klarinet, kitaar en tromme.


 
 

CSV

Laerskool JAN CELLIERS se waardesisteem word deur Christelike beginsels onderlê.

Die CSV se doel is om elke leerling te betrek deur geleentheid vir geestelike groei en meelewing te skep. Leerlinge word ook geleer om hulle Christenskap uit te leef deur aktief by die gemeenskap betrokke te raak. Relevante en kontemporêre onderwerpe word met die kinders bespreek.

 

 

Drama

 

AFRIKAANSE DRAMA & KONSERT

Oudisies word aan die begin van die jaar gehou vir ons dramaleerlinge waar ongeveer 25 senior en 20 junior leerlinge gekies word. Ons leerlinge presteer jaarliks uitstekend in spreekkore, groep- en individuele items tydens die Sentraal Gauteng Kunswedstryd en die NEA.

JAN CELLIERS spog ook jaarliks met ons konsertproduksie, dit wissel tussen die junior- en seniordepartement wat om die beurt jaarliks hul produksies aanbied. Elke leerling in die skool neem deel aan hierdie konsert en kry blootstelling en verbeter hul selfvertroue om voor 'n gehoor op te tree.

 

ENGELSE DRAMA

Engelse dramaklasse vind op Donderdae tydens aktiwiteitsperiodes plaas. Leerlinge is nie aan oudisies onderhewig nie.

  • Lesse is ontwerp met die uitsluitlike doel om leerlinge se verbeelding te stimuleer en hulle selfvertroue te ontwikkel.

  • Dit sluit improvisasie, redenaarskuns en aanbiedingsvaardighede in.

  • Leerlinge werk saam in klein groepies wat hulle leer om idees te deel en as 'n span saam te werk.

  • Leerlinge word aangemoedig om aan die jaarlikse Drama Festival deel te neem.

 

REDENAARS

By JAN CELLIERS word alle leerlinge die geleentheid gebied om aan Afrikaans en Engelse Redenaars deel te neem. Graad 1 tot 7 leerlinge neem in klasverband aan die uitdunrondtes deel waar die beste redenaars deurdring tot die finale Redenaarsaand. Baie van ons redenaars neem jaarliks aan die ATKV se redenaarskompetisie deel.

 

SPREEKKORE

Deelname aan die spreekkoor is 'n prettige manier om in groepsverband saam te werk en deel te neem aan kunswedstryde en Eisteddfods. JAN CELLIERS beskik oor twee spreekkore, die Junior Spreekkoor asook die Junior Spraak en Drama Spreekkoor. Albei spreekkore behaal groot sukses tydens kunswedstryde en Eisteddfods.


 
 

Kuns

JAN CELLIERS Laerskool en Preprimêr poog om leerlinge by wyse van hul sintuie, intellek en verbeelding te stimuleer. Sodoende word elke leerling se uitdrukkingsvermoë en artistieke aanvoeling deur middel van kuns ontwikkel.

  • Kuns as vak bied aan leerlinge 'n betekenisvolle wyse waarop daar deelgeneem en gereageer word op hulle wêreld. Kuns as vak help ook met selfvertroue, kreatiewe probleemoplossingsvermoë en uithouvermoë.

  • Aandag word aan kunselemente gegee.

  • Leerlinge se intellek word gestimuleer deur hul kreatiewe verbeelding te betrek deur visuele en tasbare belewenisse, die innoverende gebruik van materiale en deur tegnologie aan hul idees te koppel.

  • Kunswaardering en -geskiedenis vorm ook deel van ons leerplan sodat leerlinge optimaal kan leer deur die verlede en hede.

 
 

 
 

Kultuursentrum

JAN CELLIERS is voorwaar trots op ons kultuursentrum.

Die Barbara Pretorius Konsertsaal is 'n ultra moderne lokaal geskik vir musiekkonserte, drama-aande en kunsuitstallings. Individuele onderrig vind plaas in klankdigte musiekkamers.

Dit is ook 'n onthaalarea met 'n kombuis ideaal vir enige funksie, en kan tot 200 mense akkommodeer.

 
 

 

Musiek

 

ORKES

Ons is werklik trots op JAN CELLIERS se orkes wat steeds van krag tot krag gaan. Alle leerlinge wat 'n orkesinstrument bespeel en die oudisie kan slaag, is welkom om in die orkes te speel.

 

MUSIEKMIDDAE

Gedurende die jaar bied die musiekdepartement ongeveer vyf middagkonserte aan. Middagkonserte skep die geleentheid vir al die musiekleerlinge om te wys hoe hulle met hulle talente woeker en skep die geleentheid vir elke leerling om in 'n gemaklike omgewing voor hulle maats, ouers en onderwysers op te tree.

Daar was in 2015 ongeveer 150 leerlinge wat aan die konserte deelgeneem het. Klavier-, blokfluit-, viool-, klarinet-, tjello, fluit-, fife-, klawerbord- en kitaarleerlinge kry almal 'n beurt. Daar is selfs een hele konsert wat aan ensembles en orkeste toegewy word.

Trotse ouers en onderwysers se harte klop warm vir die genotvolle wyse waarmee die leerlinge hulself kan uitdruk. Dit is duidelik dat die musiektalent by JAN CELLIERS diepte het!

 

MUSIEKSIMPOSIUMS

JAN CELLIERS bied verskeie musieksimposiums aan vir verdere verryking aan beide ons leerlinge en musiekpersoneel te bied.

Onderwysers van regoor die land word uitgenooi om hierdie geleenthede by te woon. Die doel van hierdie simposiums is om ons leerlinge en onderwysers aan wêreldbekende Musici bloot te stel deur middel van lesings en meesterklasse. Klem val op inspirasie en die genot van deelname. Onderwysers kom op hoogte van nuwe metodes en tendense van musiek-pedagogiek.

 

INDIVIDUELE MUSIEKONDERIG

  • Leerlinge van Gr 1 tot 7 ontvang individuele onderrig tydens skoolure.

  • Klem word op individuele onderrig en aandag aan spesifieke behoeftes van elke leerling gelê.

  • Individuele onderrig word in die volgende instrumente aangebied: klavier, klawerbord, blokfluit, klarinet, dwarsfluit, Fife, viool, tjello, kitaar en tromme.

Afrigting vir eksamens, kunswedstryde en kompetisies word ook aan individuele leerlinge gebied.


 
 

Junior- en Seniorkoor

Ons JAN CELLIERS kore het in Gauteng groot bekendheid verwerf.

Ons behaal uitstekende prestasies tydens kunswedstryde en koorgeleenthede. Die koor se sukses word toegeskryf aan harde werk, selfdissipline en 'n passie vir musiek. Natuurlik het ons ook groot pret – die jaarlikse seniorkoorkamp is beslis 'n hoogtepunt op elke koorlid se sosiale agenda.

 

 
 

Kenmekaar Konserte

JAN CELLIERS se musiekdepartement hou jaarliks 'n Kenmekaar-Konsert, oftewel “Musiekpartytjie”, aangebied in die Skoolsaal. Hierdie geleentheid bied JAN CELLIERS-ouers en -kinders 'n geleentheid om na pragtige musiek te luister aangebied deur die musiekonderwysers. Die aand is 'n eklektiese program met besonderse verandering in tempo en musiekstyl. Dit is elke jaar 'n gesellige gebeurlikheid en 'n groot sukses.

 

 

Akademie

Ondersteuning