Jan Celliers

Preprimêr

 

Goeiedag Ouers,

Hoe heerlik om elke dag die blink kleuter-ogies hier by ons te verwelkom. Kleuters is wesentjies wat nooit in hul lewe weer so besig sal wees soos juis in hierdie ontwikkelingsjare van waarneem, spring, hardloop, speel, ervaar en gelukkig wees, nie.  Geniet dit saam met hulle, saam met ons.

Kom loer gerus hier rond op ons webwerf en leer meer van ons dag-tot-dag bedrywighede. Kontak gerus ook ons Bemarker vir ʼn begeleidetoer of maak met my kantoor ʼn afspraak sodat ons lekker kan gesels oor die avonture wat hier vir u kleuter wag.

Vriendelike groete,
ME. BELINDA VALKENBURG, Adjunkhoof: Preprimêr


Preprimêr

By die departement Preprimêr word daar in totaliteit op die voorskoolse kind gefokus. Met die Matalprogram as basis en die toepassing van Reggio Emilia-beginsels val die klem uit die staanspoor op die kweek van 'n ondersoekende ingesteldheid, die koestering van kreatiewe denke en estetiese bewustheid, die bevordering van wiskundige vaardighede en taalontwikkeling en ook om reeds op hierdie jong ouderdom sukses te kan geniet en mislukking realisties te kan verwerk. Weeklikse, gedifferensieerde temas skep die milleu vir deelname binne groepsverband waar kleuters aangemoedig word om self te skep, te redeneer en standpunt in te neem. Daar word streng by die uitgangspunt gebly: kinders leer deur te speel! Voortgesette kommunikasie verskerp die sinergie tussen alle rolspelers. Deur middel van gereelde gesprekke en termynverslae word ouers deurlopend by hul kleuters se vordering betrek. Geskeduleerde kontaksessies tussen die Preprimêr- en Laerskoolpersoneel dra daartoe by dat graad 0’e oor die nodige vaardighede en vermoëns beskik om die meer formele onderrigsformeaat van die laerskool sonder moeite en onsekerheid baas te raak.

 

Meer Inligting


Benadering

Deur noue sinergie tussen kleuters, ouers, personeel, skoolbestuur en die Raad word ons hoogste roeping bereik: ’n opvoeding gefundeer op passie, omgee, liefde en lojaliteit.

By JAN CELLIERS PREPRIMÊR volg ons 'n Christelike deurweefde program terwyl ons speel en leer.

  • Ons kurrikulum is op die Matal-benadering, vanuit Israel, gegrond.

  • Ons is kind gesentreerd en fokus op interaksie tussen die kleuter en sy onmiddellike wêreld.

  • Ons ontwikkel 'n ondersoekende ingesteldheid, kreatiewe denke en estetiese bewustheid.

  • Taal- en wiskundige vaardighede word ontwikkel en ondernemingsgees word aangemoedig.

  • Kleuters leer om sukses te geniet en realisties na mislukkings te kyk.

  • Musiek en multi-kulturele blootstelling word fisies met kleuterlyfies beleef.

  • Emosionele intelligensie word deurlopend ontwikkel.

Aspekte van die Reggio-benadering uit Italië wat fokus op die geleentheid om binne groepsverband te funksioneer, word geïnkorporeer. Ons beklemtoon deelname binne groepsverband en moedig kleuters aan om self te skep, te redeneer en standpunt in te neem. Liefdevol word persoonlikheidsontwikkeling gerig.