Jan Celliers

Skooldrag

 

Kleuters in die Departement Pre-Primêr

Graad 0

Kleuters dra Maandae, Woensdae en Vrydae Jan Celliers se informele skooldrag wat bestaan uit: 

Somersdrag:

  • Kort donkergroen skoolbroekie (GEEN NETBALROMPIE)

  • Wit-en groengholf-sporthemp

  • Tekkies (wit of swart) of verkieslik kaalvoet

  • Donkergroen skoolhoed/-pet

 Wintersdrag:

  • Donkergroen skoolsweetpak en/of Laerskooltrui/-pullover

  • Wit-en groengholf-sporthemp (SLEGS WIT LANGMOU T-HEMDE ONDERAAN VIR EKSTRA HITTE)

Die dae tussenin kan gemaklike, speelklere wat hulle maklik kan aan- en uittrek, gedra word. 

Leerlinge van Graad 1 – 7:

Voorgeskrewe uniform vir alle skoolgeleenthede. Leerlinge kom daagliks met baadjies en skoene aan skool toe en verlaat ook die skoolterrein daarmee.

Dogters  

Somersdrag:

  • Kleurbaadjie met wapen, groen skoolrok, wit kortmouhemp en wit sokkies

  • Swart leerskoene met bandjie 

Wintersdrag:

  • Kleurbaadjie met wapen, wit langmouhemp met das, groen skoolrok met swart kousbroekie of grys skoollangbroek met grys sokkies

  • Swart leerskoene met bandjie 

Seuns 

Somersdrag:

  • Wit kortmouhemp sonder das en grys kortbroek

  • Swart toeryg leerskoene en grys kouse. 

Wintersdrag:

  • Kleurbaadjie met wapen, grys langbroek, wit langmouhemp en das

  • Swart toeryg leerskoene en grys kouse. 

Verskaffers

Janpierewiet is ‘n onafhanklike klere- en skooltoebehorewinkel wat vanaf die skool se perseel handel. Items te koop is onderandere; skryfbehoeftes, tasse, sportsakke asook skool- en sportklere.

Tweedehandse Klerebank

Die klerebank is op Dinsdae en Donderdae vanaf 07:00 – 07:30 en vanaf 13:00 tot 15:00 op die skoolterrein beskikbaar.