Jan Celliers

Laerskool

 
 

Laerskool

Vanuit 'n Christelike waardestelsel word daar gestreef na dit wat eersterangs, voortreflik en uitnemend is en gevolglik word daar 'n hoë premie op die hartlike vennootskap tussen die skool en ouerhuis geplaas. Die skool is gesteld op kwaliteit akademiese-, afrigting- en opvoedkundige bemoeienis met elke kind, sodat elkeen sy/haar eiesoortige potensiaal kan ontwikkel om 'n saakmakende bydrae in die skoolgemeenskap te lewer. Ons passie is om blywende lewensankers te verskaf deur onderrig van hoogstaande gehalte te lewer, kinders van jongs af te leer om vir hulself te dink en redeneer, tegnologie as hulpmiddel in hul strewe na kennis aan te wend en sosiaal-kulturele verskille in hul leefwêreld met begrip en empatie te omarm.

 

IEB en ISASA

ISASA is die Independent Schools Association of Southern Africa. Dit is die grootste en oudste nie-winsgewende maatskappy vir onafhanklike skole in Suidelike Afrika. ISASA verteenwoordig 730 onafhanklike skole in Suid-Afrika, Botswana, Swaziland, Namibië, Angola en Lesotho.

ISASA se missie is:

  • Om die waarde van onafhanklike onderwys te artikuleer.

  • Om die gemeenskaplike belange van sy lede te bevorder.

  • Om waardegedrewe, gehalte onderwys in ʼn diverse milieu te bevorder.

  • Om professionele dienste aan sy lede te lewer wat regstreeks bydra tot die bevordering van gehalte onderwys in suidelike Afrika.

Die Onafhanklike Eksamineringsraad, IEB is ingestel om akademiese standaarde en assesseringspraktyke in geaffilieerde onafhanklike skole te handhaaf. Die standaard van onderrig word dus voortdurend gemonitor.

Jan Celliers neem ook jaarliks deel aan verskeie olimpiades, asook die ‘Benchmark’ eksamens. Jan Celliers se leerlinge presteer uitmuntend hier op Engels, Wiskunde en Wetenskap gebied.