Laerskool

Busroetes

 
  • EAGLE CANYON / NORTHCLIFF ROETE

    06:00 Eagle Canyon. Augusta Blvd, Honeydew Manor tussen Fairfield Laan en Paul Kruger Straat

    06:30 Brooklyn Estate h/v Castle Hill drive en Dawn drive, Blackheath.

    07:00 Skool

  • ST STITHIANS (RANDBURG)

    06:45 Engen Diensstasie, h/v William Nicol en Mattie laan, Sandton

    07:15 Skool

  • MEYERSDAL ROETE (SUIDE)

    06:15 Sasol Diensstasie, Meyersdal, h/v Michelle Laan en Seef Le Roux

    07:00 Skool

  • OOSRAND ROETE & GREY AFRIT

    05:50 Rose Acres Hospitaal, Primrose

    06:15 Engen Diensstasie Kritzinger, Kritzinger Straat, 99, Verwoerdpark, Alberton

    07:00 Skool

Bogenoemde tye mag wissel afhangende van verkeer.

Sien die JAN CELLIERS Fooie vir buskaartjie koste.

Indien u van ons busdiens gebruik wil maak en u area is nie tans gelys nie, kontak die skool gerus om die moontlikheid van 'n alternatiewe of addisionele roete te implementeer.


Gereelde vrae:

V: Ons wil graag ons kinders laat bus ry, wie moet ons kontak?

A: Stuur asseblief ‘n e-pos aan ontvangs - klik hier.

V: Het die busse sitplekgordels?

A: Ja, alle Jan Celliers voldoen aan die nodige veiligheidsregulasies en sitplekgordels. Alle drywers van Jan Celliers busse het die nodige opleiding en lisensiëring om passasiers te vervoer.

V: Indien ons nie ‘n oggend kan bus ry nie, wie stel ons in kontak?

A: Afhangend van watter roete u kind gebruik, sal u die selfoonnommer ontvang van die drywer van daai spesifieke bus.

V: Wat gebeur as ons laat is en die bus ry weg?

A: Daar moet streng by die tye op die skedule gehou word om seker te maak die leerders arriveer voor die skooldag begin om 07:35 vir die laerskool leerders. Indien u ‘n uitdaging het, moet u direk met die bus drywer skakel sodat ‘n reëling getref kan word.

V: Is daar ‘n busdiens in die middae?

A: Nee, op hierdie stadium is daar slegs ‘n oggend diens. Indien dit verander sal die skool sy ouergemeenskap in kennis stel.

V: Van watter ouderdom kan my kind van die busdiens gebruik maak?

A: Elke ouer het die voorkeur om self te besluit van watter ouderdom af hul kinders kan begin bus ry. Ons stel voor dat kinders vanaf graad 000 kan aansluit om gebruik te maak van die busdiens. Die skool en die betrokke kleuter se ouers sal dan koördineer om seker te maak daar is kleuter-veiligheids-stoel in die bus vir die duur van die rit tot by die skool.