Beleid vir Sosiale Media

Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr besef dat sosiale media ’n doeltreffende hulpmiddel is om inligting en menings aan familie, vriende en gemeenskappe w reldwyd bekend te maak, en ook dat dit toenemend ’n fasiliteerder van kommunikasie is. Die gebruik van sosiale media hou egter sekere risiko’s in en bring sekere verantwoordelikhede mee.

Om onderwysers en leerling daarin te lei om verantwoordelike besluite te neem oor hulle gebruik van sosiale media, het Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr hierdie beleid daargestel.

Dit is ontwerp om die belange van die skool, onderwysers en leerlinge te beskerm en om te verseker dat enige verwysing na Jan Celliers Laerskool en Primêr nie vertroulikheidsvereistes oortree nie en om andersins te voldoen aan die skool se gedragskode.

Die skool erken die ontwikkeling van sosiale media as ’n kommunikasiemiddel, maar besef terselfdertyd dat dit slegs optimaal gebruik kan word indien dit verantwoordelik geskied. Die skool respekteer die individuele privaatheid van onderwysers en leerlinge. Tog sluit hierdie privaatheid nie hul werksverwante gedrag of die gebruik van toerusting, hulpbronne of voorraad van die skool in nie.

Hierdie beleid geld vir alle gebruikers van die skool se inligting en rekenaarstelsels. Dit geld ook vir die verwoording van menings en kommentaar op sosiale media deur onderwysers en leerlinge wat op enige manier met die skool verbind kan word.

Wat is sosiale media?

Sosiale media sluit alle wyses van kommunikasie of plasing van inligting of inhoud van enige aard op die internet en alle vorme van sosiale rekenaargebruik in.

Sosialemediaplatforms neem verskeie vorme aan, byvoorbeeld webjoernale of mikrowebjoernale (bv. Twitter, Tumbler), inhoudgemeenskappe (bv. YouTube, Pinterest), sosiale- en professionele netwerkwebwerwe (bv. Facebook, Linkedin, Instagram, TikTok), forums en besprekingsgroepe (bv. Whirlpool, Google Groups, Reddit) en aanlynensiklopidie  (bv. Wikipedia). Die terrein van sosiale media groei en verander vinnig. Hierdie beleid dek ook toekomstige toepassings van sosiale media, watter vorm dit ook al kan aanneem.

Algemeen

Die skool se rekenaar- en kommunikasiestelsels is oor die algemeen slegs vir amptelike skooldoeleindes bedoel. Alle hardeware en -sagteware is die eiendom van Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr. Die skool is die wettige eienaar van die inhoud van alle lêers wat op sy rekenaar- en netwerkstelsels gestoor is, sowel as alle boodskappe wat deur middel van hierdie stelsels versend word.

Internetbeleid

Internetgebruik is ’n voorreg, wat die aanvaarding van verantwoordelikhede onderworpe aan die Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr skoolbeleid impliseer. Aanvaarbare gebruik moet wettig en eties wees en intellektuele eiendom, stelselsekuriteitsmeganismes en individuele regte op privaatheid en vryheid van intimidasie en teistering respekteer.

Om die skool teen onbehoorlike en onbetaamlike materiaal te beskerm en die gebruik van bandbreedte te beperk, sal alle internetgebruik deur webinhoudsfiltreersagteware gemoniteer word. Inhoudsfiltreersagteware sal keer dat gebruikers toegang kry tot sekere webtuistes wat buite die bedrywighede van die skool val.

Alle webtuistes wat seksueel eksplisiete, onbetaamlike en ander moontlik aanstootlike materiaal bevat, sal deur middel van die instaanbediener geblokkeer word. Onderwysers en leerlinge mag nie gedurende skoolure op sosiale media bedrywig wees nie.

E-posbeleid

E-posgebruik wat enige skoolbeleid skend, is verbode. Enige e-posgebruik wat nie die beeld en reputasie van die skool weerspie l nie, is verbode. Die gebruiker het die alleenverantwoordelikheid vir alle versendings vanaf sy/haar toegekende e-posadres. Eposgebruik wat dreigend, aanstootlik of vir die doeleindes van teistering bedoel is, is verbode.

Verbode Internet en sosiale media aktiwiteite of - gedrag

Die volgende aktiwiteite en/of gedrag is verbode:

  • Die kopiëring van materiaal wat aan kopiereg of patente onderworpe is, sonder behoorlike lisensi ring of toestemming.

  • Die installering van sagteware deur ongemagtigde personeel.

  • Ongelisensieerde sagteware, speletjies, gratis sagteware, deel sagteware of demonstrasiesagteware mag onder geen omstandighede op amptelike rekenaartoerusting gelaai word nie.

  • Die gebruik van die skool se inligtingstelsel vir aanstootlike of teisterende materiaal.

  • Gebruik van die rekenaar om ’n ander persoon te intimideer, te dreig, aanstoot te gee of te pla deur onwelvoeglike taal, prente of ander materiaal, of dreigemente van fisiese of sielkundige skade aan die ontvanger oor te dra

  • Gebruik van die rekenaar om ’n ander persoon herhaaldelik te kontak met die bedoeling om te teister of te pla, ongeag of enige werklike boodskap oorgedra word, en/of waar daar geen doel vir geregverdigde kommunikasie is nie, en waar die ontvanger ’n duidelike begeerte uitgespreek het dat die kommunikasie moet stop

  • Gebruik van die rekenaar om ’n ander persoon herhaaldelik te kontak oor ’n saak waarvoor daar geen wetlike reg is om oor te kommunikeer nie, sodra die ontvanger redelike kennis gegee het dat hy/sy nie meer sodanige kommunikasie wil ontvang nie.

  • Gebruik van die rekenaar om die akademiese of administratiewe strewes van die skool of ’n ander persoon te ontwrig of skade te berokken.

  • Gebruik van die rekenaar om die akademiese of ander privaatheid van ’n persoon te skend, of so ’n persoon daarmee te dreig;

  • Materiaal wat seksistiese, rassistiese en/of gewelddadige inhoud bevat

Die volgende vorme van ‘kuberwangedrag’ is verbode:

  • ‘Kuberleeglêery’ en die misbruik van die werkgewer se hulpbronne: onderwysers en leerlinge mag nie die skool se hulpbronne, byvoorbeeld rekenaars, telefone, ensovoorts, vir privaat doeleindes gedurende of buite skooltyd gebruik en s  die diensverhouding misbruik nie.

  • Onderwysers en leerlinge mag nie rassistiese, lasterlike, seksistiese of pornografiese inligting versprei nie. Dit kom op ernstige wangedrag neer.

  • Neerhalende uitlatings: Onderwysers en leerlinge mag nie neerhalende en aanstootlike boodskappe oor die skool, sy personeel of die leerders publiseer of versprei nie. ’n Oortreder kan daaraan skuldig bevind word dat hy/sy die skool se naam oneer aangedoen het, wat tot dissiplin re optrede of regsaksie vir laster kan lei.

  • Onderwysers mag nie leerders in persoonlike hoedanigheid op Facebook, WhatsApp, Instagram, Twitter of ander sosiale netwerke kontak nie. Dit is slegs toelaatbaar vir amptelike doeleindes, soos re l van oefentye, vergaderings, en dan net ook in groepverband.

Opvoeders, nie-opvoeders, leerders en ouers wat sosiale media vir amptelike en nie-amptelike doeleindes gebruik, behoort op die volgende te let:

  • Sosiale media kan slegs vir amptelike doeleindes besoek word wanneer die skool se inligtingstelsels gebruik word.

  • Die boodskap wat die skool aan ander gebruikers wil oordra, moet duidelik omskryf wees.

  • Publikasies moet wettig, eties en eerbiedig wees.

  • Onderwysers en leerlinge mag nie aan aanlynkommunikasie deelneem wat die skool se naam oneer kan aandoen nie.

  • Persoonlike besonderhede van onderwysers, leerlinge en ouers mag nie bekend gemaak word nie.

  • Onderwysers, leerlinge en ouers behoort daarop te let dat die skool van tyd tot tyd foto’s op sosialemediatuistes kan deel wat gedurende amptelike skoolaktiwiteite geneem is.

Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir swak sekuriteitstellings op die sosialemediaprofiel van enige persoon wat aan die skool verbonde is nie.

Indien enige onderwyser, leerling of ouer ’n opmerking, foto of video op enige sosialemediaplatform publiseer wat die skool se naam kan skade doen, sal die sodanige party onderworpe wees aan dissiplinêre en regsaksie.

Regstappe kan ook gedoen word teen ’n ouer wat die skool se naam in gedrang bring.

Alle inligting wat gepubliseer word, moet akkuraat wees, en vertroulike inligting mag nie bekend gemaak word nie.

Op sosiale mediaplatforms

Indien dit onder die skool se aandag kom dat enige leerders deur middel van sosiale media geboelie word, sal die skool dit dadelik hanteer. Om ander te boelie is opsetlike en voortdurende aggressiewe, onvriendelike en onbeleefde gedrag met die doel om ’n ander persoon seer te maak. Dit veroorsaak pyn en ongemak by die slagoffer. Boeliegedrag word geopenbaar as ’n individu of groep nie ophou met die afknouery wanneer hy/sy gevra word nie. Enige boodskappe op WhatsApp, Facebook, Instagram, TikTok, Twitter sal as bewys gestoor word.

Die skool wil graag die volgende inligting deurgee aan alle selfoongebruikers en gebruikers van sosiale media in ons skoolgemeenskap aangaande gepaste en wettige gedrag.

  • Alle sosiale media platforms is publiek. Almal kan sien wat jy s  en doen op jou profiel. Alle vebruikers moet baie versigtig wees. Ons beveel aan dat jy privaatstellings op jou profiel maak om jouself te beveilig.

  • Om mense sleg te s , of vloekwoorde kwyt te raak in sosiale media is heeltemal onvanpas en kan jou in groot moeilikheid laat beland. Naamskending en laster is kriminele oortredings en jy kan vervolg word.

  • Die ouderdomsbeperking op Facebook is 13.

  • Ander sosiale media netwerke het sekere ouderdomsbeperkings op sekere Toepassings.

  • Geen facebook, Instagram, WhatsApp, Twitter boodskappe mag gedurende skooltyd gestuur word nie.

  • Die norm is: as ‘n kind nie bereid is om ’n boodskap op ’n groot kennisgewingbord te plaas of reguit vir iemand te s  nie, mag dit nie gestuur word nie.

  • Kubervoetspore kan nooit in die kuberruim uitgewis word nie.

Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr Facebook-groep

Die skool het ‘n amptelike Facebook blad wat noukeurig gemonitor word. Administrateurs van die blad plaas gereeld foto’s en inligting oor skoolgebeure op die blad. Dit is belangrik om te noem dat die foto’s deur die skool se personeel geneem word en dat dit nie altyd moontlik is om al die kinders of al die aktiwiteite af te neem nie. Geen negatiewe kommentaar teenoor die skool of individue mag op die blad geplaas word nie. Enige persoon wat hom hieraan skuldig maak sal van die blad verwyder/ geblokkeer word.

Leerlinge en ouers wat as “vriende”van die skool geregistreer is mag geen foto/status van medeleerlinge of onderwyser op die skool se Facebook-blad plaas nie. Hulle mag dit ook nie as ’n “tag” aanwend sonder die toestemming van die administrateur nie.

Leerlinge van Jan Celliers Laerskool en Pre-Primêr mag geen afbrekende of persoonlike kommentaar teenoor die skool, sy onderwysers of leerlinge op hul persoonlike Facebook-blaaie plaas nie.

Ouers en ondersteuners is welkom om sport-, kultuur- of akademiese foto’s (tesame met ’n kort omskrywing) aan die adminastrateur te stuur vir plasing.

Leerlinge en ander gebruikers van Facebook moet deeglik daarvan bewus wees dat Facebook ‘n publieke forum is en die misbruik daarvan sal tot ernstige gevolge lei.

WhatsApp groepe

WhatsApp-groepe word toenemend deur ouers, personeel en kinders gebruik om te kommunikeer. Daarmee saam kom egter sekere etiese kwessies ter sprake en daarom behoort die gebruik daarvan op 'n verantwoordelike wyse te geskied, Ouers, personeelen leerlinge word versoek om hierdie kommunikasiemiddels vir die regte redes te gebruik. Dit mag nie gebruik word om mekaar sleg te s , verdag te maak of persoonlike probleme op te los nie. Dit is ook nie bedoel om 'n kanaal te wees waar daar lekker geskinder kan word nie. Dieselfde re ls wat in die algemeen geld ten opsigte van naamskending, of die gevolge daarvan, geld hier ook.

Persone wat 'n geskil met die skool, 'n personeellid, of 'n leerling het, word aangemoedig om dit liewer direk met die betrokke instansie op te neem, en nie WhatsApp daarvoor te gebruik nie. Dit is onbillik en oneties.

Sosiale media is nie die regte forum vir die bespreking van persoonlike probleme nie, aangesien ‘n mens selde al die kante van ‘n saak op ‘n openbare platform kan aanspreek. Die skool het ‘n oopdeur beleid en volg alle gevalle op wat aangemeld word. Die skool kan knelpunte eter slegs opvolg indien dit aangemeld word. 'n Beroep word op elke rolspeler gedoen om sosiale media op 'n verantwoordelike manier aan te wend.

Aanvaarding van persoonlike aanspreeklikheid

Enigeen wat die rekenaarstelsel van die skool gebruik, sal verantwoordelik en aanspreeklik wees om die aanbevole prosedures te volg en om alle redelike stappe te doen om die inligting wat deur daardie stelsel hanteer word te beskerm. Die gebruiker het die alleenverantwoordelikheid vir alle materiaal wat deur middel van skoolgebaseerde rekenaars besigtig, gestoor of versend word. Die skool verwag egter van gebruikers om aan alle skoolreëls te voldoen. Versuim om dit te doen, kan tot die opskorting of terugtrekking van ’n gebruiker se toegangsvoorregte sowel as tot dissiplin re maatreêls lei. Onderwysers en leerlinge wat versuim om aan hierdie beleid te voldoen, sal onderworpe wees aan dissiplinêre ingryping.

Beleidswysigings

Die skoolbeheerliggaam kan hierdie beleid van tyd tot tyd wysig, aanvul, aanpas of verander.