Selfoonbeleid

Die skool erken die noodsaaklikheid aan doeltreffende kommunikasie deur middel van selfone maar stel die ordelike en verantwoordelike gebruik en hantering van hierdie elektroniese hulpmiddel as voorvereiste binne die opvoedkundige milieu van die skool. 

  1. Die onderstaande reëlings ten opsigte van selfone geld by die skool:

  2. Personeel mag onder geen omstandighede selfoonoproepe maak of ontvang wanneer hulle ‘n klas het nie. 

  3. Geen leerling mag ‘n selfoon gedurende klastyd vir enige doel gebruik nie. 

  4. Leerlinge bring selfone op eie verantwoordelikheid skool toe. Die skool aanvaar GEEN verantwoordelikheid vir selfone nie. 

  5. Leerlinge se selfone moet gedurende skoolure in hul sluitkassies toegesluit wees. 

  6. Die gebruik van selfone gedurende pouses en voor skool, hetsy vir oproepe, sms’e, luister van musiek of speletjies speel, is verbode. 

  7. Geen foto’s of videos van enige aard mag met selfone op die skoolterrein geneem word nie. 

  8. Selfone mag nie in eksamenlokale ingeneem word nie. Dit moet ook in sluitkassies toegesluit word. 

  9. Die stuur van onwelvoeglike of neerhalende boodskappe tussen leerlinge word ten sterkste verbied. 

  10. Indien ‘n leerling in besit van ‘n selfoon in ‘n klaskamer is, sal die selfoon gekonfiskeer word en aan die einde van die betrokke week terugbesorg word. By herhaling van so ‘n oortreding sal die selfoon gekonfiskeer word en in veilige bewaring gehou word tot aan die einde van die betrokke maand of termyn.